hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer ’n man onaktief is, bedink hy begeertes en bespot goeie instruksies.

2. Die dwaas het geen vreugde in wysheid nie, maar sy gedagtes beplan nietighede.

3. Wanneer die bose die dieptes van boosheid bereik, kom nietigheid, minagting, oneer en skande oor hom.

4. Die woorde van ’n man se mond is soos diep waters en die fontein van wysheid soos ’n vloeiende stroom.

5. Dit is nie goed om die persoon van die bose te respekteer nie en ook nie om regverdige oordeel te verdraai teen die regverdige nie.

6. Die lippe van die dwaas kom in twis en sy mond bring hom by die dood.

7. Die mond van die dwaas is sy vernietiging en sy lippe is die strik vir sy lewe.

8. Die woorde van die skinderaar bring vir hom boosheid en veroorsaak dat hy in die binnekamers van Sh’ol afgaan.

9. Hy wat slap is in sy werk, is die broer van die vernietiger.

10. Die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה is ’n sterk toring; die regverdige en magtige hardloop daarin.

11. Die rykdom van die ryke is sy sterk stad en sy blyplek is omhein deur ’n sterk muur.

12. Voor vernietiging is die mens se verstand, wil en emosie hoogmoedig, maar voor eer is nederigheid.

13. Hy wat ’n antwoord gee voordat hy gehoor het, is ’n dwaas en nikswerd.

14. Die gees van ’n man sal sy leiding deurstaan, maar ’n gebroke gees, wie kan dit oplig?

15. Die verstand, wil en emosie van die man met insig, verkry wysheid en die oor van die wyse luister na kennis.

16. ’n Man se geskenke maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van groot manne.

17. Hy wat eerste praat, word onskuldig beskou in sy hofsaak, maar as sy naaste kom, ondersoek hy hom deeglik.

18. Om die lot te werp laat stryd ophou en besluit tussen magtige manne.

19. ’n Broer wat deur sy broer gehelp word, is soos ’n stad wat deur sy versterkings gehelp word en sy helpers is soos die wering van ’n paleis.

20. ’n Man se maag sal versadig word deur die vrug van sy mond en deur die vrug van sy lippe sal hy vol gemaak word.Ya’a 3:2

21. Dood en lewe is in die mag van die tong en hulle wat dit liefhet, sal die vrug daarvan eet.

22. Hy wat ’n goeie vrou vind, vind iets goeds en verkry guns van יהוה. Hy wat ’n goeie vrou uitsit uit sy huis, sit die goeie uit sy huis.

23. Die arme praat nederig, maar die ryke praat van groot dinge.

24. Daar is vriende wat maar net vriende is en daar is ’n vriend wat vaster is as ’n broer.