hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My seuns, luister, hoor en doen die instruksies van ’n vader en luister na kennis en insig,

2. want ek gee vir julle goeie instruksies, verlaat nie my wet nie,

3. want ek was ook ’n seun vir my vader, sag en ’n uniek enigste geborene in my moeder se oë.

4. Hy het my geleer en vir my gesê: “Laat jou verstand, wil en emosie my woorde vashou; onderhou my opdragte en leef en laat my wet wees soos die pupil van die oog.

5. Verkry wysheid, verkry insig en draai nie weg van die woorde van my mond nie;

6. verlaat dit nie en dit sal jou bewaar; jy moet dit liefhê, dan sal dit jou red.”

7. Wysheid is die belangrikste ding; kry daarom wysheid en met jou hele wese, insig.

8. As jy dit liefhet, sal dit jou verhoog; gryp dit vas en dit sal jou eer.

9. Sy sal ’n ornament van liefdevolle goedheid op jou kop sit; ’n kroon van eer sal sy op jou plaas.

10. Luister, hoor en doen, my seun en ontvang my gesegdes en die jare van jou lewe sal baie wees.

11. Ek het aan jou die lewenswyses van wysheid geleer; ek het jou op die regte paaie gelei;

12. wanneer jy loop, sal jou treë nie onstabiel wees nie; as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.Ps 119:109

13. Hou styf vas aan my instruksies en moet dit nie los nie; hou dit, want dit is jou lewe.

14. Moenie loop op die pad van die bose mense nie en moenie jaloers wees op die lewenswyse van die bose nie.

15. Waar hulle bly, moenie daar verbygaan nie, draai daarvan af weg,

16. want hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie en hulle slaap word weggehou totdat hulle bose begeertes uitgevoer is,

17. want hulle eet die brood van boosheid en drink die wyn van gewelddadigheid,

18. maar die pad van die regverdiges is soos die helder lig wat al helderder word tot die volle dag toe.

19. Die pad van die bose is soos duisternis, hulle weet nie waaroor hulle struikel nie.

20. My seun, luister na my woorde, draai jou oor na my gesegdes,

21. laat hulle nie weggaan voor jou oë nie, maar hou hulle in jou verstand, wil en emosie,

22. want hulle is lewe vir die wat hulle vind en gesondheid vir hulle hele liggaam.

23. Bewaak jou verstand, wil en emosie met alle ywer, want daaruit is die bron van lewe.

24. Verwyder van jou ’n perverse mond en hou die raad van misleiding ver van jou lippe af.

25. Laat jou oë reguit vorentoe kyk en laat jou ooglede reg voor jou kyk.Ps 119:113,133; Heb 12:12 dan sal al jou paaie stewig wees.

26. Hou jou voete weg van die bose paaie,

27. Moenie na regs of na links afdraai nie, maar hou jou voet weg van die boosheid.