hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Wyse seun luister na die dissipline van sy vader, maar ’n bose seun luister nie na berisping nie.

2. ’n Goeie man sal tevrede wees met die vrug van sy mond, maar die lewens van die bose sal tot niet gaan.

3. Hy wat sy mond bewaak, bewaar sy lewe; hy wat te veel praat sal verwoesting op homself bring.

4. Die luiaard begeer voortdurend, maar die lewe van die vlytiges sal verryk word.

5. Die regverdige haat leuentaal, maar die bose is veragtelik en sal beskaam word.

6. Onpartydige opregtheid bewaar die een wat opreg is in sy lewenswandel, maar boosheid werp die sondaar omver.

7. Daar is sommiges wat voorgee om ryk te wees, tog het hul niks nie; daar is ander wat voorgee om arm te wees, tog het hul groot rykdom.

8. Die losprys vir die lewe van ’n man is sy rykdom, maar die arme luister nie na teregwysing nie.

9. Die lig van die regverdige sal hom verheug, maar die lamp van die bose sal uitgesit word.

10. Die bose man doen skandelike dinge, maar by die goed-ingeligte is wysheid.

11. Rykdom wat onregverdig verkry is, sal minder word, maar hy wat regverdig invorder sal sy rykdom vermeerder.Ps 1

12. Geseënd is die man wat gewillig is om te help; hy is meer geseënd as hy wat in verwagting rus; soos ’n boom van lewe dra hy vrugte.

13. Hy wat raad verag, sal daardeur vernietig word, maar hy wat die opdragte respekvol vrees sal gespaar word. Die bedrieglike man sal nie voordeel trek nie, maar ’n wyse man, wie se werke goed is, sal voorspoedig wees.Spr 14:27

14. Die wet van die wyse is ’n fontein van lewe vir die wat wegloop van die strikke van die dood.

15. ’n Goeie insig bring onverdiende guns, maar die lewenswyse van oortreders lei na vernietiging.

16. Elke skrander persoon handel wys, maar ’n dwaas praat dwaasheid.

17. ’n Bose boodskapper val in boosheid, maar ’n betroubare ambassadeur is ’n geneesheer.Heb 12:11

18. Armoede en skande is vir hom wat dissipline verwerp, maar hy wat teregwysing ag, sal geëer word.

19. ’n Eerbare begeerte is soet vir die lewe, maar die verwerplikhede van die bose is ver van kennis af.

20. Hy wat saam met die wyses loop, sal wys wees, maar die metgesel van dwase sal skade ly.

21. Boosheid agtervolg sondaars, maar aan die regverdiges sal goed terugbetaal word.Yes 23:18

22. ’n Goeie man laat ’n erfporsie na aan sy kinders se kinders en die rykdom van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23. Die wat nie die manier van die lewe verstaan nie, word deur rykdom vernietig, ja, baie is volkome vernietig.

24. Hy wat sy lat spaar, haat sy seun, maar hy wat sy seun liefhet, dissiplineer hom behoorlik.

25. Die regverdige eet en is versadig, maar die maag van die goddelose het behoefte.