hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die spreuke van Shlomo: ’n wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase seun bring depressie oor sy moeder.

2. Skatte deur boosheid verkry, bring geen voordeel nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

3. יהוה sal nie die lewe van die regverdige van honger laat omkom nie, maar die begeertes van die bose stoot Hy weg.

4. Hy word arm wat met ’n misleidende hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

5. Hy wat in die somer werk, is ’n verstandige seun, maar hy wat slaap in die oestyd, is ’n seun wat skande veroorsaak.

6. Seëninge is op die kop van die regverdige, maar geweld bedek die mond van die bose.

7. Die nagedagtenis van die regverdige is ’n seën, maar die erfgenaam van die bose sterf uit.

8. Hy wat wys van verstand, wil en emosie is, aanvaar opdragte, maar hy op wie se lippe dwaasheid is, sal uitgevang word.

9. Hy wat in opregtheid lewe, lewe veilig, maar hy wat pervers lewe sal bekend wees.Ps 35:19; Spr 16:30 veroorsaak pyn, maar hy wat openlik teregwys, maak vrede.

10. Hy wat misleidend met sy oog knip,Spr 5:16 maar die mond van die bose is bedek met geweld.

11. Die mond van ’n regverdige man is ’n fontein van lewe,

12. Haat veroorsaak twiste, skande sal al die bose oordek.

13. Hy wat wysheid voortbring uit sy lippe, sal hom wat insig kortkom met ’n lat slaan.

14. Die wyse verberg sy kennis, maar ’n haastige mond is naby vernietiging.

15. Die rykdom van die ryk manne is hul sterk stede; die vernietiging van die behoeftiges is hulle armoede.

16. Die werk van die regverdige is tot Lewe; die opbrengs van die bose is tot sonde.

17. Die ware lewenswyse aanvaar tugtiging, maar hy wat teregwysing haat is ’n dwaas.

18. Die lippe van die bose is vol misleiding en hy wat ’n vloek uitspreek, is ’n dwaas.

19. Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

20. Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.

21. Die lippe van die regverdige is vol onverdiende guns, maar die dwase sterf deur die gebrek aan wysheid.

22. Die seën van יהוה bring rykdom en daar sal geen smart in wees nie.

23. Dit is ’n grap vir die dwaas om ’n slegte plan uit te voer, maar ’n man van insig het wysheid.

24. Die vrees, wat die bose dryf, sal oor hom kom, maar die begeerte van die regverdiges sal vervul word.

25. Soos die warrelwind skielik verbygaan, so sal bose mense vergaan en nie meer wees nie, maar die regverdige is ’n ewigdurende fondasie.

26. Soos groen druiwe skadelik is vir die tande en soos rook vir die oë, so maak boosheid hom, wat daaraan oorgegee is, seer.Spr 9:11

27. Respekvolle vrees vir יהוה verleng die lewe, maar die jare van die bose sal verkort word.

28. Die versekerde verwagting van die regverdiges sal vreugde wees, maar die verwagting van die bose sal vergaan.

29. Die lewenswyse van יהוה is krag vir die opregte, maar daar sal vernietiging vir die werkers van sinnelose boosheid wees.Deut 28:3-14 maar die bose sal nie die land bewoon nie.Deut 28:30

30. Die regverdige sal nooit verwyder word nie,

31. Die mond van die regverdige bring wysheid voort, maar die perverse tong sal stilgemaak word.

32. Die lippe van die regverdige weet wat goed is, maar die mond van die bose praat perverse dinge.