hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Goeie naam (karakter en outoriteit) is beter as groot rykdom en onverdiende guns as silwer en goud.

2. Rykes en armes kom saam, יהוה het hulle albei gemaak.

3. ’n Slim mens sien dat ’n bose geslaan word en word daardeur geleer, maar dwase gaan verby en kry skade.

4. Die gevolg van nederigheid is die respekvolle vrees vir יהוה, rykdom, eer en die lewe.

5. Strikke en vangnette lê op ’n verdraaide pad; hy wat sy lewe beskerm sal ver van hulle af weg wees.

6. Voed ’n kind op volgens die pad wat hy moet gaan en wanneer hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie.

7. Die armes sal heers oor die rykes en die dienskneg sal leen aan sy vorige lener.

8. Wie onregverdigheid saai, sal bedrog maai en die staf van sy woede sal verbreek word.2 Kor 9:7

9. Hy wat ’n goeie oog het (vrygewig is) sal geseënd wees, want hy gee van sy kos vir die armes.

10. Vernietig boosheid, gooi twis uit, raak ontslae van stryd en spot, anders sit hulle in die vergadering en spot almal teenwoordig.

11. יהוה het hom lief wat rein van verstand, wil en emosie is en bewys goedheid aan sy lippe en die koning is sy vriend.

12. Die oë van יהוה bewaar kennis en vernietig die woorde van bedrog.

13. Wanneer hy gestuur word, sê die luiaard: “Daar is ’n leeu op die pad en let op, daar is moord in die strate!”

14. Die mond van ’n vreemde vrou is ’n diep put; hy vir wie יהוה kwaad is, sal daarin val.

15. Dwaasheid beweeg die verstand, wil en emosie van ’n kind, maar die lat van tug sal dit ver van hom af wegdryf.

16. Hy wat die arme onderdruk, voeg by sy boosheid en hy wat aan die rykes gee, sal verlies ly.

17. Draai jou oor en luister na die woorde van die wyse en neem my kennis op in jou verstand,

18. want beide is aangenaam, hou dit binne-in jou; laat hulle saam gereed gemaak word op jou lippe

19. sodat jou vertroue in יהוה mag wees, het ek hierdie dinge vandag aan jou bekend gemaak. Ja, aan jou.

20. Let op, dit is die derde keer dat ek die spreuke vir jou skryf

21. sodat ek aan jou raadgewing en kennis, vrede en die woorde van waarheid kan leer sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan hom wat na jou toe stuur.

22. Moenie die arme onderdruk omdat hy arm is nie en onderdruk nie die behoeftige in die poort nie,

23. want יהוה sal hulle saak verdedig en die onreg vergeld wat aan hulle gedoen is.

24. Moenie vriende maak met ’n toornagtige man en met ’n man wat gou kwaad word, moet jy nie saamgaan nie

25. sodat jy nie sy lewenswyse kan leer en ’n struikelblok vir jou lewe vind nie.

26. Moenie borg staan vir ’n skuld net omdat jy te skaam is om die wat jou vra af te wys nie,

27. want as jy niks het om te betaal nie, sal hulle jou bed onder jou uitvat.

28. Moenie die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, verwyder nie.

29. Wanneer jy sien dat ’n man vaardig is in sy werk, sal hy voor konings staan, hy sal nie voor onbenulliges staan nie.