hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand ’n uitsonderlike gelofte van ’n lewe deur waardasie tot יהוה aflê

3. en as jou waardasie vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar oud is, dan moet jou waardasie vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek.

4. As dit ’n vrou is, dan moet jou waardasie dertig sikkels wees.

5. Van vyf tot twintig jaar oud, moet jou waardasie vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels

6. en vir iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, moet jou waardasie vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou waardasie vir die vroulike drie sikkels silwer

7. en vir iemand van sestig jaar oud en ouer; vir ’n manspersoon, moet jou waardasie vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels,

8. maar as hy te arm is vir jou waardasie, moet hy voor die priester kom en die priester moet vir hom ’n waarde gee, volgens wat hy, wat die gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die priester hom evalueer.Hand 21:24

9. As dit ’n dier is wat ’n man as offer tot יהוה mag bring, moet alles wat hy gee vir יהוה, afgesonder wees.

10. Hy mag dit nie vervang of omruil nie; ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie, maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde dier afgesonder wees.

11. As dit enige onrein dier is wat ’n man nie tot יהוה mag offer nie, moet hy die dier voor die priester bring

12. en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,

13. maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.

14. As iemand sy huis afsonder om afgesonder te wees tot יהוה, moet die priester dit evalueer of dit goed of sleg is; soos die priester dit evalueer, so moet dit bly.

15. As hy wat dit afgesonder het, sy huis wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie bysit; dan sal dit syne wees.

16. As iemand ’n stuk land van sy besitting tot יהוה afsonder, moet jou waardasie wees volgens die saad daarvoor: ’n homer garssaad word op vyftig sikkels silwer waardeer.

17. As hy sy stuk land van die jubeljaar af afsonder, sal jou waardasie staan,

18. maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar afsonder, moet die priester vir hom die geld bereken volgens die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is en dit moet van jou waardasie afgetrek word.

19. As hy wat die stuk land afgesonder het, wil betaal om dit los te koop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie daar bysit en dit sal vir hom bevestig wees.

20. As hy die stuk land nie losgekoop het nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop het, mag dit nie meer losgekoop word nie,

21. maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan יהוה afgesonder wees soos ’n toegewyde land; dit sal die besit van die priester wees.

22. As ’n man aan יהוה ’n stuk land afsonder wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

23. moet die priester vir hom die bedrag van die waardasie tot die jubeljaar bereken en hy moet op dieselfde dag die waardasie gee as ’n afgesonderde gawe aan יהוה.

24. In die jubeljaar moet die stuk land teruggaan na hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat die land besit as ’n besitting.

25. Alles wat jy evalueer, moet volgens die sikkel van die Afgesonderde plek wees; die sikkel moet twintig gera wees.

26. Die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan יהוה behoort, dit mag niemand afsonder nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee, dit behoort aan יהוה.

27. As dit ’n onrein dier is, dan moet hy dit na jou evaluering loskoop en ’n vyfde deel daarvan bysit en as dit nie losgekoop word nie, moet dit volgens jou evaluering verkoop word.Deut 23:18

28. Nogtans mag geen van die toegewyde goed wat iemand aan יהוה wy, van alles wat aan hom behoort, mense, vee of grond wat in sy besit is, verkoop of losgekoop word nie. Al die toegewyde goed moet volkome tot יהוה afgesonder wees.

29. Geen toegewyde ding, toegewy om vernietig te word, mag losgekoop word nie; hy moet die dood sterf.

30. Al die tiendes van die land, van die graan van die land of van die vrugte van die bome, behoort aan יהוה; dit is afgesonder tot יהוה.

31. As iemand wil betaal om van sy tiende los te koop, moet hy ’n vyfde deel daarvan bysit.

32. Wat betref die tiendes van beeste en kleinvee; van alles wat onder die herderstaf deurgaan, die tiende een sal tot יהוה afgesonder wees.

33. Hulle mag nie ondersoek word, of dit goed of sleg is en dit omruil nie, maar as hulle dit omruil, moet dit en die geruilde afgesonder wees; dit mag nie losgekoop word nie.’”

34. Dit is die opdragte wat יהוה op die berg Sinai aan Moshe, vir die seuns van Yisra’el, beveel het.