hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Aharon, Nadav en Avihu, het elkeen sy vuurpan gevat, vuur daarin gegooi, reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die Teenwoordigheid van יהוה geoffer, wat Hy hulle nie beveel het nie.

2. Vuur het vanuit die Teenwoordigheid van יהוה uitgegaan en hulle verteer en hulle het gesterf voor die Teenwoordigheid van יהוה.

3. Moshe sê vir Aharon: “Dit is hierdie ding wat יהוה van gepraat het deur te sê: ‘Deur dié wat naby My kom, sal Ek geëer word as Afgesonderd en voor die die hele volk sal Ek verhoog en vereer word.’” Aharon het stilgebly.

4. Moshe het Misha’el en Eltzafan, die seuns van `Uzi’el, die oom van Aharon, geroep en vir hulle gesê: “Kom nader, dra julle familie van voor die Afgesonderde plek af weg, na buitekant die kamp.”

5. Hulle het nader gegaan en hulle, steeds in hul klede, buitekant die kamp uitgedra, soos Moshe beveel het.

6. Moshe het vir Aharon en sy seuns, El’azar en Itamar, gesê: “Moenie die bedekking van julle koppe afhaal of skeure in julle klere maak nie sodat julle nie sterf en toorn teen die hele vergadering kom nie, maar laat julle broers, die hele huis van Yisra’el, die brand wat יהוה aangesteek het beween.

7. Julle mag selfs nie by die deur van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie sodat julle nie sterf nie, want die salfolie van יהוה is op julle.” Hulle het gedoen volgens die woord van Moshe.

8. יהוה het met Aharon gepraat en gesê:

9. “Moenie, wanneer julle in die Tent van Ontmoeting ingaan, wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou sodat julle nie sterf nie. Dit is ’n ewige instelling in julle geslagte,Yes 28:7; Yeg 44:21

10. om ’n onderskeid te maak tussen wat afgesonderd is en wat nie afgesonderd is nie; tussen wat onrein en wat rein is

11. en om die seuns van Yisra’el al die opdragte te leer wat יהוה deur die hand van Moshe aan hulle verkondig het.”

12. Moshe het met Aharon gepraat en met sy oorlewende seuns El’azar en Itamar: “Vat die graanoffer wat van die offers wat deur vuur gebring word tot יהוה oorgebly het en eet dit sonder suurdeeg langs die altaar, want dit is heeltemal afgesonderd.

13. Julle moet dit op ’n afgesonderde plek eet, want dit is jou en jou seuns se deel uit die offers wat met vuur gebring word tot יהוה; so is ek beveel.

14. Julle moet ook die bors van die waaioffer en die boud van die opligoffer op ’n rein plek eet, jy, jou seuns en jou dogters saam met jou, want dit is die deel wat jou en jou seuns toekom, gegee uit die vredesoffers van die seuns van Yisra’el.

15. Die boud van die opligoffer en die bors van die waaioffer moet hulle saam met die vet, wat as offers van vuur is, bring om as waaioffer voor die Teenwoordigheid van יהוה te waai en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou, ’n deel wees volgens die ewige instelling, soos יהוה beveel het.”

16. Moshe het ernstig navraag gedoen na die sondofferbok en let op, dit is verbrand! Hy was baie kwaad vir El’azar en Itamar, die seuns van Aharon wat oorgebly het en het gesê:

17. “Waarom het julle die sondoffer nie op ’n afgesonderde plek geëet nie, aangesien dit heeltemal afgesonderd is? Hy het dit vir julle gegee om die skuld van die vergadering weg te vat, om toedekking vir hulle te doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.

18. Let op, die bloed daarvan is nie binne-in die Afgesonderde plek ingebring nie. Julle moes dit sekerlik in die Afgesonderde plek geëet het, soos ek beveel het.”

19. Aharon sê vir Moshe: “Let op, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag die sondoffer geëet het, sou dit aanvaarbaar gewees het in die oë van יהוה?”

20. Toe Moshe dit hoor, was dit goed in sy oë.