hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As iemand aan יהוה ’n graanoffer bring, moet sy offer van fyn meel wees en hy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit.

2. Hy moet dit na die seuns van Aharon, die priesters, bring en een moet ’n volle handvol van die fyn meel met die olie vat, met al die wierook en hy moet dit as die deel van die herdenkingsoffer op die altaar brand en in rook laat opgaan, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

3. Wat oorbly van die graanoffer, is vir Aharon en sy seuns. Van die offers wat met vuur tot יהוה gebring word, is dit ’n mees afgesonderde ding.

4. As jy ’n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit ongesuurde koeke van fyn meel wees, met olie gemeng of ongesuurde platkoeke met olie gesmeer.

5. As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n plaat gebak is, moet dit van fyn meel wees met olie gemeng en ongesuurd.

6. Jy moet dit in stukkies breek en olie daarop gooi: dit is ’n graanoffer.

7. As ’n graanoffer in ’n pan gebak, jou offer is, moet dit van fyn meel wees met olie.

8. Jy moet die graanoffer wat van hierdie dinge voorberei word, aan יהוה bring en wanneer dit vir die priester aangebied is, sal hy dit na die altaar toe bring.

9. Die priester moet vanuit die graanoffer ’n porsie as herdenkingsoffer uithaal en op die altaar brand en in rook laat opgaan, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

10. Wat oorbly van die graanoffer, is vir Aharon en sy seuns. Van die offers wat met vuur tot יהוה gebring word, is dit ’n mees afgesonderde ding.

11. Geen graanoffer wat julle tot יהוה bring, mag van suurdeeg gemaak word nie, want jy mag géén suurdeeg of heuning in rook tot יהוה laat opgaan en brand in ’n offer van vuur nie.

12. Julle mag dit as ’n offer van eerstelinge tot יהוה bring, maar dit mag nie op die altaar as ’n aangename geur gebrand word nie.

13. Jy moet al jou graanoffers egter met sout voorberei en jy mag die sout van die verbond van jou God nie laat ontbreek by jou graanoffer nie. Jy moet sout saam met al jou offers offer.

14. As jy ’n graanoffer van eerstelinge tot יהוה bring, moet jy groen are wat oor die vuur gebraai is, graan uitgeslaan van vol are, as ’n graanoffer van jou eerstelinge offer.

15. Jy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit; dit is ’n graanoffer.

16. Die priester moet die herdenkingsgedeelte daarvan in rook laat opgaan, ’n deel van die uitgeslaande graan en van die olie met al die wierook, as ’n offer van vuur tot יהוה.