hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As iemand onwetend teen een van die opdragte, wat יהוה beveel het nie gedoen mag word nie, sondig en enige een van hulle oortree;Ya’a 2:10

3. of as die gesalfde priester sondig en daardeur skuld op die mense bring; moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n jong bul, sonder gebrek, aan יהוה bring as ’n sondoffer.

4. Hy moet die bul bring na die ingang van die Tent van Ontmoeting, voor יהוה en hy moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul voor יהוה doodmaak.

5. Die gesalfde priester moet van die bloed van die bul vat en dit na die Tent van Ontmoeting bring

6. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal voor יהוה sprinkel, voor die verdelingsgordyn van die Afgesonderde plek.

7. Die priester moet ook van die bloed aan die horings van die altaar van die gegeurde wierook, wat in die Tent van Ontmoeting voor יהוה is, smeer en hy moet al die orige bloed van die bul uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is

8. en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom af wegvat: die vet wat die binnegoed toemaak en al die vet wat aan die binnegoed is,

9. die twee niere en die vet wat daarop is aan die lendene en die vetlap aan die lewer, wat hy saam met die niere moet verwyder,

10. net soos dit van die vredesoffer verwyder word; die priester moet dit in rook laat opgaan op die brandofferaltaar,

11. maar die vel van die bul en al sy vleis, met die kop, die pote, die binnegoed en die mis,

12. die hele res van die bul, moet hy buitekant die kamp uitbring na ’n skoon plek waar die as uitgegooi word en hy moet hom op hout, met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet dit verbrand word.

13. As die hele vergadering van Yisra’el oortree en dit is verborge vir die vergadering en hulle het enige iets gedoen teen die opdragte van יהוה, wat nie gedoen moes word nie en skuldig is;

14. wanneer die sonde wat hulle gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul vir hulle sonde offer en hom voor die Tent van Ontmoeting bring.

15. Die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor יהוה en die bul moet voor יהוה doodgemaak word.

16. Die gesalfde priester moet van die bloed van die bul na die Tent van Ontmoeting bring

17. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en dit sewe maal voor יהוה, voor die verdelingsgordyn sprinkel

18. en hy moet van die bloed aan die horings van die altaar wat voor יהוה in die Tent van Ontmoeting is, smeer en hy moet al die orige bloed uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is.

19. Hy moet al die vet van dit verwyder en op die altaar in rook laat opgaan.

20. Hy moet met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. Net so moet hy met hom maak. Die priester moet so vir hulle toedekking doen en dit sal hulle vergewe word.

21. Hy moet die bul buitekant die kamp uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer namens die vergadering.

22. As ’n leier sondig en iets onwetend gedoen het teen enige van die opdragte van יהוה, sy God, in enige iets wat nie gedoen moet word nie en hy skuldig is,

23. as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ram sonder gebrek

24. en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor יהוה doodmaak; dit is ’n sondoffer.

25. Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgooi.

26. Hy moet al die vet op die altaar in rook laat opgaan, soos die vet van die vredesoffer. So moet die priester dan vir hom toedekking doen vir sy sonde en dit sal hom vergewe word.

27. As iemand van die volk van die land onwetend sondig, deur enige iets te doen wat יהוה beveel het nie gedoen moet word nie en skuldig word,

28. as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ooilam sonder gebrek, vir die sonde wat hy gedoen het

29. en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer doodmaak op die plek van die brandoffer.

30. Die priester moet van haar bloed met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgooi;

31. al die vet moet hy verwyder, soos die vet van die vredesoffer af verwyder is en die priester moet dit op die altaar as ’n aangename geur tot יהוה in rook laat opgaan. So moet die priester dan vir hom toedekking doen en dit sal hom vergewe word.

32. As hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ’n ooilam wees sonder gebrek

33. en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer doodmaak op die plek waar hulle die brandoffer doodmaak.

34. Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgooi.

35. Al die vet moet hy verwyder soos die vet van die vredesofferlam verwyder word en die priester moet dit op die altaar in rook laat opgaan volgens die offers deur vuur tot יהוה. So moet die priester vir hom toedekking doen vir die sonde wat hy gedoen het en dit sal hom vergewe word.