hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met Aharon, sy seuns en met al die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Hierdie is wat יהוה beveel het:

3. Elke man uit die huis van Yisra’el wat ’n bees, ’n lam of ’n bok in die kamp doodmaak of dit buitekant die kamp doodmaakDeut 12:20-26; Deut 15:19-23

4. en dit nie bring na die ingang van die Tent van Ontmoeting om aan יהוה ’n offer voor die tent van יהוה te bring nie, dié man sal aan bloed skuldig wees. Hy het bloed vergiet en dié man moet afgesny word uit sy volk

5. sodat die seuns van Yisra’el hulle offers wat hulle in die oop veld geoffer het, aan יהוה by die ingang van die Tent van Ontmoeting, na die priester kan bring en dit as vredesoffers tot יהוה kan offer.

6. Die priester moet die bloed teen die altaar van יהוה by die ingang van die Tent van Ontmoeting sprinkel en die vet brand en in rook laat opgaan as ’n aangename geur tot יהוה.

7. Hulle mag nie langer hulle offers aan die bokdemone offer, agter wie hulle aan hoereer nie. Hierdie moet vir hulle ’n ewige instelling wees regdeur hulle geslagte.’

8. Jy moet ook vir hulle sê: ‘Elke man vanuit die huis van Yisra’el en vanuit die besoeker wat tussen julle bly, wat ’n brandoffer of ’n offer bring

9. en dit nie na die ingang van die Tent van Ontmoeting bring om dit tot יהוה te offer nie, dié man moet vanuit sy volksgenote afgesny word.

10. Elke man vanuit die huis van Yisra’el en vanuit die besoekers wat tussen julle bly, wat enige bloed eet; teen dié een wat bloed eet, sal Ek my gesig draai en hom afsny van onder sy volk uit,

11. want die lewe van die vlees is in die bloed en Ek het dit vir julle op die altaar gegee om vir julle toedekking te doen, want dit is die bloed wat toedekking doen vir die lewe;

12. daarom het Ek vir die seuns van Yisra’el gesê: “Niemand van julle mag bloed eet nie en ook die besoeker wat tussen julle bly, mag geen bloed eet nie.”

13. Elke man vanuit die seuns van Yisra’el en vanuit die besoekers wat tussen julle bly, wat jag en wild of ’n voël vang wat geëet mag word, moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak,

14. want dit is die lewe van alle vlees. Sy bloed is sy lewe; daarom het Ek vir die seuns van Yisra’el gesê: “Julle mag nie die bloed van enige vlees eet nie, want die lewe van alle vlees is in sy bloed. Wie dit ook al eet, moet afgesny word.”Gen 9:4

15. Elke persoon, of hy ’n kind van die land is of ’n besoeker, wat eet van iets wat natuurlik dood is of van iets wat verskeur is, moet sy klere was en in water bad en is onrein tot die aand toe.Lev 11:40 Dan sal hy rein wees,

16. maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy skuld dra.’”