hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Praat met die priesters, die seuns van Aharon en sê vir hulle: ‘Niemand moet hom vir ’n dooie onder sy volksgenote onrein maak nie;

2. behalwe vir sy naby familie: vir sy moeder, sy vader, sy seun, sy dogter en sy broer;

3. asook vir sy suster wat ’n maagd is, naby aan hom, wat nie aan ’n man behoort het nie, vir haar mag hy hom onrein maak.

4. Hy sal hom ook nie onrein maak vir aangetroude familie onder sy volk en homself so onteer nie.

5. Hulle mag geen bles deel op hul koppe maak nie, die rand van hulle baard nie weg skeer en geen snye maak in hulle vlees nie.Lev 19:27, 28

6. Hulle moet afgesonderd wees tot hulle God en die Naam (Karakter en Outoriteit) van hulle God nie onteer nie, want hulle offer die offers van יהוה met vuur en die brood van hulle God; daarom moet hulle afgesonder wees.

7. Hulle mag geen vrou trou wat hoereer of ’n onteerde is nie en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie trou nie, want hy is afgesonder tot sy God.

8. Jy moet hom daarom afsonder omdat hy die brood van jou God offer. Hy moet vir jou afgesonder wees, want Ek, יהוה, is Afgesonder, wat julle afsonder.

9. As die dogter van ’n priester haarself onteer deur te hoereer, onteer sy haar vader. Sy moet met vuur verbrand word.

10. Die hoofpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi is en wat afgesonder is om die klere aan te trek, mag sy kop nie ontbloot en sy klere nie skeur nie

11. en hy mag naby geen dooie kom nie en hom selfs nie vir sy vader en moeder onrein maak nie;

12. hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה.

13. Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is.

14. ’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat

15. sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”

16. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

17. “Praat met Aharon en sê: ‘Niemand uit jou nageslag, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die kos van sy God te offer nie,

18. want niemand met ’n liggaamsgebrek, mag naderkom nie: ’n man wat blind of lam of vermink of misvorm is,

19. of ’n man wat ’n gebreklike voet of hand het,

20. of wat ’n boggel het of ’n dwerg of wat ’n vlek in sy oog het of skurfte of uitslag het of vergruisde skaamdele het.

21. Geen man uit die nageslag van Aharon, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die offers deur vuur tot יהוה te offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die kos van sy God te offer nie.

22. Hy mag van die kos van sy Magtige God eet, beide die mees afgesonderde en die afgesonderde,

23. maar hy mag nie ingaan na die verdelingsgordyn of naderkom aan die altaar nie omdat daar ’n liggaamsgebrek aan hom is sodat hy My Afgesonderde Plek nie onteer nie, want Ek is יהוה, wat hulle afsonder.’ “

24. So het Moshe gepraat met Aharon en sy seuns en met al die seuns van Yisra’el.