hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die Zifiete by Sha’ul in Giv’ah gekom en gesê: “Kruip Dawid nie weg op die heuwel van Hakhilah, wat voor Yeshimon is nie?”

2. Sha’ul het opgestaan en afgegaan na die wildernis van Zif, met drie duisend, uitgesoekte manne uit Yisra’el saam met hom, om na Dawid te soek in die wildernis van Zif.

3. Sha’ul het gekamp op die heuwel van Hakhilah, wat voor Yeshimon, langs die pad lê en Dawid het in die wildernis gebly. Toe hy sien dat Sha’ul agter hom aankom in die wildernis in,

4. want Dawid het verkenners uitgestuur en geweet dat Sha’ul beslis kom,

5. het Dawid opgestaan en gekom op die plek waar Sha’ul gekamp het en Dawid het die plek gesien waar Sha’ul slaap en Avner, die seun van Ner, die bevelvoerder van sy leër en Sha’ul het in die sirkel van die kamp geslaap en die manne het rondom hom gekamp.

6. Toe sê Dawid vir Agimelekh, die Hittiet en vir Avishai, die seun van Tz’ruyah, die broer van Yo’av: “Wie sal saam met my na Sha’ul in die kamp afgaan? Avishai het gesê: “Ek sal saam met u afgaan.”

7. Dawid en Avishai het in die nag by die manne gekom en let op, Sha’ul lê in die sirkel van die kamp en slaap met sy spies in die grond gesteek langs sy kop en Avner en die manne het rondom hom gelê.

8. Toe sê Avishai vir Dawid: “Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; daarom dan, laat my asseblief toe om hom met die spies in een slag teen die grond vas te steek en ek sal hom nie ’n tweede keer steek nie.”

9. Dawid sê egter vir Avishai: “Moet hom nie vernietig nie, want wie kan sy hand slaan aan die gesalfde van יהוה en sonder skuld bly?”

10. Dawid het ook gesê: “So waar as יהוה leef, sekerlik sal יהוה hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterf, òf hy sal afgaan in die geveg en omkom!

11. יהוה verbied dat ek my hand aan die gesalfde van יהוה sou slaan, maar vat nou asseblief die spies wat by sy kop is en die waterkruik en laat ons gaan.”

12. Dawid het die spies en die waterkruik van langs Sha’ul se kop gevat en hulle het weggegaan, maar niemand het dit gesien of daarvan geweet nie en ook het niemand wakker geword nie, want hulle was almal aan die slaap omdat ’n diepe slaap van יהוה op hulle geval het.

13. Toe het Dawid oorgegaan na die anderkant en bo-op die top van die berg, op ’n afstand, gaan staan met ’n groot area tussen hulle.

14. Dawid het uitgeroep na die manne en na Avner, die seun van Ner en gevra: “Antwoord jy nie, Avner?” Toe antwoord Avner: “Wie is jy wat na die koning roep?”

15. Dawid vra vir Avner: “Is jy nie ’n man nie en wie is soos jy in Yisra’el? Waarom het jy dan nie jou meester, die koning, bewaak nie? Iemand het gekom om die koning, jou meester, te vernietig.

16. Hierdie ding wat jy gedoen het, is nie goed nie! So waar as יהוה leef, almal van julle verdien die dood omdat julle nie julle meester, die gesalfde van יהוה, bewaak het nie. Kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat by sy kop was!”

17. Toe herken Sha’ul Dawid se stem en vra: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Dawid sê: “Dit is my stem, my meester, die koning!”

18. Hy het ook gesê: “Waarom agtervolg my meester dan sy dienskneg? Want wat het ek gedoen of watter boosheid is in my hand?

19. Laat my meester, die koning asseblief luister na die woorde van sy dienskneg. As יהוה u teen my aangehits het, laat Hom ’n offer aanvaar, maar as dit mense is: vervloek is hulle voor die Teenwoordigheid van יהוה, want hulle het my vandag uitgedryf sodat ek geen verbintenis met die erfenis van יהוה het nie deurdat hulle sê: “Gaan, dien ander gode!”

20. Nou dan, moenie my bloed op die grond laat val ver van die Teenwoordigheid van יהוה nie, want die koning van Yisra’el het uitgekom om een vlooi te soek, net soos ’n man ’n patrys in die berge agtervolg.”

21. Toe sê Sha’ul: “Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou nie weer kwaad aandoen nie omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; let op, ek het dwaas gehandel en ’n groot fout gemaak.”

22. Dawid antwoord: “Let op, die spies van die koning! Laat nou een van die jongmanne oorkom en dit haal.

23. יהוה sal elkeen terugbetaal vir sy onpartydige opregtheid en vir sy getrouheid, want יהוה het u vandag in my hand oorgegee, maar ek het geweier om my hand teen die gesalfde van יהוה uit te steek.

24. Let nou op, soos u lewe vandag in my oë as kosbaar beskou is, mag so my lewe kosbaar geag word in die oë van יהוה en mag Hy my bevry uit elke benoudheid.”

25. Toe sê Sha’ul vir Dawid: “Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal baie verrig en sekerlik seëvier.” Dawid het op sy pad gegaan en Sha’ul het na sy plek toe teruggekeer.