hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die F’lishtyne het teen Yisra’el geveg en die manne van Yisra’el het voor die F’lishtyne weggevlug en neergeslaan gelê op die berg Gilboa.

2. Die F’lishtyne het Sha’ul en sy seuns ingehaal en die F’lishtyne het Y’honatan, Avinadav en Malkishua, die seuns van Sha’ul, doodgemaak.

3. Die geveg het hewig teen Sha’ul verloop en die boogskutters het hom getref en hy is ernstig deur hulle gewond.

4. Toe sê Sha’ul vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom die onbesnedenes en deurboor my en skeer gek met my.” Sy wapendraer wou egter nie omdat hy baie bang was. Sha’ul vat toe sy swaard en val daarin.

5. Toe sy wapendraer sien dat Sha’ul dood is, het hy ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.

6. So het Sha’ul met sy drie seuns, sy wapendraer en al sy manne op dieselfde dag gesterf.

7. Toe die manne van Yisra’el wat aan die anderkant van die vallei was en dié wat anderkant die Yarden was, sien dat die manne van Yisra’el gevlug het en dat Sha’ul en sy seuns dood is, het hulle die stede verlaat en gevlug. Toe het die F’lishtyne gekom en daarin gaan woon.

8. Dit het gebeur op die volgende dag, toe die F’lishtyne gekom het om dié wat dood is te plunder, dat hulle Sha’ul en sy drie seuns dood op die berg Gilboa kry.

9. Hulle het sy kop afgekap en sy wapens afgestroop en dit in die land van die F’lishtyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die huise van hulle afgode en aan die volk.

10. Hulle het sy wapens in die tempel van `Ashtarot gesit en sy lyk teen die muur van Beit-Yashan vasgeslaan.

11. Toe die inwoners van Yavesh-Gil’ad hoor wat die F’lishtyne aan Sha’ul gedoen het,

12. het al die dapper manne opgestaan en die hele nag deur geloop en die liggame van Sha’ul en die liggame van sy seuns van die muur van Beit-Shan afgehaal en by Yavesh gekom en hulle daar verbrand.

13. Hulle het hul bene gevat en hulle onder die eikeboom in Yavesh begrawe en sewe dae lank gevas.