hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die ark van יהוה was nou sewe maande lank in die land van die F’lishtyne

2. en die F’lishtyne het die priesters en die waarsêers geroep en gesê: “Wat moet ons met die ark van יהוה doen? Vertel ons hoe ons dit na sy plek toe moet stuur.”

3. Hulle sê: “As julle die ark van die God van Yisra’el wegstuur, moet dit nie leeg wegstuur nie, maar julle moet beslis aan Hom ’n skuldoffer stuur; dan sal julle gesond word en julle sal weet waarom Sy hand nie van julle verwyder word nie.

4. Toe vra hulle: “Wat sal die skuldoffer wees wat ons aan Hom moet teruggee?” Hulle sê: “Vyf goue gewasse en vyf goue muise, volgens die getal van die meesters van die F’lishtyne, want een plaag was oor julle almal en oor julle meesters.

5. Julle moet beelde maak van julle gewasse en beelde van julle muise wat die land teister en julle moet eer, lof en aanbidding gee aan die God van Yisra’el; miskien sal Hy Sy hand verlig oor julle, julle gode en julle land.

6. Waarom dan verhard julle jul verstand, wil en emosie soos die Mitzrayiete en Farao hulle verhard het? Het hulle hul nie toegelaat om weg te trek nadat Hy hulle swaar gestraf het nie en hulle het weggegaan?

7. Vat en berei daarom ’n nuwe wa voor en twee melkkoeie waar geen juk op was nie; span die koeie in voor die wa en vat hulle kalwers van hulle af weg, huis toe.

8. Vat die ark van יהוה en sit dit op die wa en sit die goue voorwerpe wat julle aan Hom as skuldoffer teruggee, in ’n kis langsaan. Stuur dit dan weg dat dit kan gaan.

9. Hou dop: as dit in die rigting van sy eie gebied, na Beit-Shemesh, opgaan, dan het Hy hierdie groot boosheid aan ons gedoen, maar so nie, dan weet ons dat dit nie Sy hand was wat ons getref het nie: dit het toevallig met ons gebeur.”

10. Toe doen die manne so en vat twee melkkoeie en span hulle voor die wa en maak hulle kalwers by die huis toe.

11. Hulle sit die ark van יהוה op die wa, asook die kis met die goue muise en die beelde van hulle gewasse.

12. Die koeie het die reguit pad in die rigting van Beit-Shemesh gevat; hulle het op die hoofpad, al bulkend, geloop sonder om regs of links uit te draai en die meesters van die F’lishtyne het hulle gevolg tot by die grens van Beit-Shemesh.

13. Die mense van Beit-Shemesh was besig om die koringoes af te sny in die vallei. Hulle het hul oë opgeslaan, die ark gesien en hulle was verheug om dit te sien.

14. Die wa het in die veld van Y’hoshua van Beit-Shemesh gekom en daar gaan staan waar daar ’n groot klip was en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as ’n brandoffer aan יהוה geoffer.

15. Die Leviete het die ark van יהוה afgehaal met die kis wat daarby was, waarin die goue voorwerpe was en hulle op die groot klip neergesit en die manne van Beit-Shemesh het daardie dag aan יהוה brandoffers geoffer en slagoffers geslag.

16. Toe die vyf meesters van die F’lishtyne dit sien, het hulle daardie dag teruggegaan na `Ekron.

17. Hierdie is die goue gewasse wat die F’lishtyne as ’n skuldoffer aan יהוה teruggegee het: vir Ashdod een, vir Gazah een, vir Ashkelon een, vir Gat een, vir `Ekron een.

18. Die goue muise was volgens die getal van al die stede van die F’lishtyne wat aan die vyf meesters behoort het, beide van die versterkte stede, sowel as van die plattelandse dorpe. Die groot klip waarop hulle die ark van יהוה neergesit het, is tot vandag toe getuie in die veld van Y’hoshua, van Beit-Shemesh.Num 4:20

19. Hy het die mense van Beit-Shemesh neergeslaan omdat hulle in die ark van יהוה ingekyk het. Hy het van al die mense vyf duisend en sewentig man gedood en die volk het getreur omdat יהוה die mense met ’n groot slagting geslaan het.

20. Die manne van Beit-Shemesh het gesê: “Wie is in staat om te staan voor die Teenwoordigheid van יהוה, hierdie afgesonderde God? Na wie toe sal Hy optrek van ons af?”

21. Hulle het boodskappers gestuur na die inwoners van Kiryat-Ye’arim en gesê: “Die F’lishtyne het die ark van יהוה teruggebring; kom af en bring dit op na julle toe.”