hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was in een van die dae terwyl Hy besig was om die mense in die tempel te leer en om versekerde verwagting te verkondig, dat die leierpriesters en die leraars van die wet saam met die oudstes om Hom staan

2. en hulle vir Hom sê: “Sê vir ons met watter outoriteit U hierdie dinge doen en wie dit is wat vir U hierdie outoriteit gegee het?”

3. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra: ‘Sê vir My:

4. Die doop van Yoganan; was dit vanuit die hemel of vanuit mense’?”

5. Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: “As ons sê: ‘Vanuit die hemel,’ sal Hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie vertrou nie?’

6. As ons sê: ‘Vanuit mense,’ sal al die mense ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Yoganan ’n profeet was.”

7. Hulle antwoord Hom: “Ons weet nie van waar dit is nie.”

8. Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle deur watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie.”

9. Hy begin om vir die mense hierdie gelykenis te vertel: “’n Sekere man het ’n wingerd geplant en dit aan werkers oorhandig en vir ’n lang tyd na ’n ander land gegaan.

10. In die seisoen het hy ’n slaaf na die werkers toe gestuur sodat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee, maar die werkers het hom geslaan en kaal gestroop weggestuur.

11. Hy het weer ’n ander slaaf gestuur en hulle het hom net so geslaan, onteer en hom kaal weggestuur.

12. Hy het weer ’n derde gestuur en hulle het ook hierdie een gewond en uitgegooi.

13. Die eienaar van die wingerd sê: ‘Wat sal ek doen? Ek sal my seun stuur vir wie ek lief is; sonder twyfel sal hulle hom sien en skaam wees.’

14. Toe die werkers hom sien, het hulle ondermekaar bespreek en gesê: ‘Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak sodat die erfporsie ons s’n kan wees.’

15. Hulle het hom buitekant, uit die wingerd gegooi en hom vermoor. Wat sal die eienaar van die wingerd daarom aan hulle doen?Rom 11:17

16. Hy sal kom en daardie werkers vernietig en die wingerd aan ander gee.” Toe hulle dit hoor, sê hulle: “’n Verwerplike gedagte!”Ps 118:22

17. Hy het na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken dan hierdie woord wat geskryf is: die Steen wat die bouers verwerp het, dit het die Hoof Hoeksteen geword?

18. Elkeen wat oor hierdie steen val, sal gebreek word, maar elkeen op wie dit val, dié sal hy uitmekaar laat spat.”

19. Die leierpriesters en die leraars van die wet wou op daardie oomblik die hande op Hom kry, want hulle het geweet dat Hy hierdie vergelykende storie op hulle gerig het, maar hulle was bang vir die mense

20. en hulle het spioene gestuur wat voorgegee het om onskuldig te wees sodat hulle Hom op ’n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die regter en aan die outoriteit van die goewerneur.

21. Hulle het Hom gevra en gesê: “Leermeester, ons weet dat U reg praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die ware pad van God leer,

22. is dit volgens die wet vir ons om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

23. Hy het egter deur hulle listigheid gesien en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My?

24. Wys My ’n denarion. Wie se beeld en naam het dit op?” Hulle antwoord en sê: “Die keiser s’n.”

25. Yeshua sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is.”

26. Hulle kon Hom nie voor die mense op ’n woord betrap nie en verwonderd oor Sy antwoord, het hulle stilgebly.

27. Sommige van die Sadduseërs het gekom, hulle wat sê daar is geen opstanding nie en Hom gevraDeut 25:5

28. en vir Hom gesê: “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf: ‘As iemand se broer doodgaan en ’n vrou agterlaat sonder seuns, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer ’n seun verwek.’

29. Nou, daar was sewe broers en die eerste het die vrou gevat en kinderloos gesterf.

30. Die tweede het sy vrou gevat en hy het ook kinderloos gesterf

31. en die derde het haar ook gevat en net so het al sewe gesterf en geen kinders nagelaat nie.

32. Ten laaste het die vrou ook gesterf.

33. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees aangesien al sewe met haar getrou het?”

34. Yeshua sê vir hulle: “Die seuns van hierdie wêreld vat vrou en vrouens word vir mans gegee,

35. maar die wat waardig geag word vir daardie wêreld en vir die opstanding uit die dood, vat nie dan vrou nie en vrouens is nie vir mans nie,

36. want hulle kan ook nie meer sterf nie, want omdat hulle kinders van die opstanding is, is hulle soos die engele en ook kinders van God.Eks 3:6 genoem het.

37. Ook Moshe het by die doringstruik verklaar dat die wat dood is, opstaan toe hy יהוה die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov

38. Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal van hulle is lewend vir Hom.”

39. Sommige van die leraars van die wet antwoord en sê: “Leermeester, U het goed geantwoord.”

40. Hulle het nie gewaag om Hom enige iets meer te vra nie.

41. Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dat die leraars van die wet sê dat Die Gesalfde Een die seun van Dawid is?

42. Dawid self sê in die boek van die Psalms: ‘יהוה het vir my Meester gesê: Sit aan My regterhandPs 110:1; 1 Kor 15:23-28

43. totdat Ek U vyande onder U voete geplaas het.’

44. As Dawid Hom daarvolgens, my Meester noem, hoe is Hy sy seun?”

45. Terwyl al die mense luister, sê Hy vir Sy studentevolgelinge:

46. “Wees versigtig vir daardie leraars van die wet wat graag in lang klere rondloop en hou van hartlike groete in openbare plekke en van die beste sitplekke in die bymekaarkomplekke en die beste plekke by die feeste.

47. Hulle wat die huise van die weduwees onteien as ’n offer om hulle gebede op te sê, sal ’n erger oordeel ontvang.”