hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dieselfde tyd was daar mense wat Hom vertel het van die mense van die Galil, wie se bloed Pilatos gemeng het met hulle offers

2. en Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dink julle dat hierdie manne van die Galil groter sondaars was as almal van die Galil omdat dit met hulle gebeur het?

3. Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal net so vernietig word.

4. Of daardie agttien wat dood is toe die toring van Shiloag op hulle geval het; dink julle dat hulle meer sondig was as al die mense wat in Yerushalayim bly?

5. Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal net so doodgaan.”

6. Hy het hierdie vergelykende storie vertel: “’n Sekere man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.

7. Hy sê vir die wat die wingerd snoei: ‘Let op, vir drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Hoekom moet hy nog die grond onvrugbaar maak?’

8. ’n Snoeier sê egter vir hom: ‘Meester, laat hom nog een jaar staan terwyl ek hom snoei en kompos gooi

9. en miskien sal hy vrugte dra, anders kan u hom volgende jaar uitkap’.”

10. Terwyl Yeshua op die Shabbat in een van die bymekaarkomplekke geleer het,

11. was daar ’n vrou wat agttien jaar lank ’n gees van siekte gehad het. Sy was inmekaargebuig en dit was vir haar onmoontlik om regop te kom.

12. Yeshua het haar gesien, haar geroep en vir haar gesê: “Vrou, jy is van jou stryd bevry.”

13. Hy het Sy hande op haar gelê en onmiddellik het sy regop gestaan en eer aan God gebring,

14. maar die hoof van die bymekaarkomplek, verontwaardig omdat Yeshua op die Shabbat gesond gemaak het, antwoord en sê vir die mense: “Daar is ses dae waarop ’n mens kan werk; kom dan op dié dae om gesond gemaak te word en nie op die Shabbat nie.”

15. Daarop antwoord Yeshua hom en sê: “Jou toneelspeler van ’n vals karakter, maak almal van julle nie op die Shabbat sy os of donkie van die krip af los en lei hom weg om te laat drink nie?

16. Hierdie is egter ’n dogter van Avraham, wat die teëstander, let op, agttien jaar lank gebind het. Is dit teen die wet dat sy op die Shabbat bevry word van hierdie band?”

17. Nadat Hy dit gesê het, het al sy teëstanders skaam geword en al die mense was verheug oor al die wonderwerke wat deur Sy hand gebeur het.

18. Yeshua het gesê: “Soos wat is die Koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?

19. Dit is soos ’n mosterdsaad wat ’n man gevat en in sy tuin geplant het en dit het gegroei en ’n groot boom geword en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.”

20. Weer het Yeshua gesê: “Waarmee sal Ek die Koninkryk van God vergelyk?

21. Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate (13,5 liter) meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.”

22. Hy het op Sy reis na Yerushalayim deur stede en dorpe gegaan en geleer.

23. ’n Man vra vir Hom of daar dan min is wat die Lewe het.

24. Yeshua sê vir hulle: “Stry hard om in te gaan deur die smal poort, want, sê Ek vir julle, baie sal probeer om in te gaan en sal nie kan nie.

25. Die tyd kom wat die Meester van die huis sal opstaan en die deur sluit en julle sal buite staan en begin om aan die deur te klop en te sê: ‘Ons Meester, ons Meester, maak vir ons oop.’ Hy sal antwoord en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan is nie.’

26. Dan sal julle begin sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink en U het op ons strate geleer.’

27. Hy sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, vanwaar julle is nie. Gaan weg van My, julle werkers van die leuen!’1 Kor 15:24,25

28. Daar sal ’n gehuil wees en ’n gekners van die tande, wanneer julle Avraham, Yitz’gak, Ya’akov en al die profete in die Koninkryk van God sal sien, maar julle sal uitgegooi word.

29. Hulle sal kom van die ooste, van die weste, van die noorde en die suide en teruglê in die Koninkryk van God.

30. Let op, daar is die laaste, wat eerste sal wees en daar is die eerstes wat laaste sal wees.”

31. In daardie tyd het sommige van die Fariseërs na Hom toe gekom en vir Hom gesê: “Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U doodmaak.”

32. Yeshua sê vir hulle: “Gaan vertel daardie jakkals: ‘Let op, Ek dryf demone uit en maak gesond, vandag, môre en op die derde dag is Ek klaar.

33. Nogtans is dit reg vir My dat Ek vandag en môre werk en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buite Yerushalayim doodgemaak word nie.’

34. Yerushalayim, Yerushalayim, jy wat die profete doodmaak en dié wat na jou gestuur is, stenig; hoe dikwels wou Ek jou kinders, net soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke, bymekaarmaak, maar julle wou nie.Ps 118:26

35. Let op, julle huis word vir julle leeg gelaat. Ek sê vir julle dat julle My nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: ‘Geseënd is Hy wat kom in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה!’”