hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Tydens die vyftiende jaar van die regering van keiser Tiberius; toe Pontios Pilatos goewerneur was van Y’hudah, Herodes (heerser oor ’n kwart van die land) van die Galil en Filippos, sy broer, (heerser oor ’n kwart van die land) van Ituraia en die streek Tragonitus en Lisanias (heerser oor ’n kwart van die land) van Abilene,

2. toe Hanan en Kayafa leierpriesters was, was die woord van God op Yoganan, die seun van Z’kharyah, in die wildernis

3. en hy het gekom na die hele gebied rondom die Yarden en die doop van berou, belydenis en laat staan tot vergifnis van sondes verkondig,Yes 40:3; Mal 3:1; Mat 3:3; Mar 1:3

4. soos geskrywe is in die boek van die woorde van Yesha’yahu, die profeet, waar hy sê: “Die stem wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis en maak ’n pad vir ons God reguit op die vlakte.

5. Elke vallei moet opgevul en elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ’n vlakteYes 40:3-5

6. en almal sal die Lewe van God sien’.”

7. Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: “Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom?

8. Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.

9. Let op, die byl lê ook alreeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.”

10. Die skare mense het hom gevra en gesê: “Wat moet ons dus doen?”

11. Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet gee aan hom wat nie het nie en wie kos het, moet dieselfde doen.”

12. Belastinggaarders het ook gekom om gedoop te word en vir hom gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”

13. Hy antwoord hulle: “Moenie meer verwag as wat vir julle voorgeskryf is om in te vorder nie.”

14. Die soldate het hom ook gevra en gesê: “En ons, wat moet ons doen?” Hy sê vir hulle: “Julle moet niemand seermaak of onreg aandoen nie en wees tevrede met julle salaris.”

15. Wanneer die mense aan Yoganan gedink het, het almal in hulle verstand, wil en emosie bereken of Yoganan nie miskien Die Gesalfde Een was nie.

16. Yoganan antwoord en sê vir hulle: “Let op, ek doop julle met water, maar Hy kom wat kragtiger is as ek, wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie; Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur;

17. Hy wat ’n hooivurk in Sy hand hou, Sy dorsvloer deeglik skoonmaak en die koring bymekaarmaak in Sy skure, maar die kaf met ’n onuitblusbare vuur verbrand.”

18. Net so het hy ook baie ander dinge geleer en hy het die goeie boodskap aan die mense verkondig,

19. maar toe Herodes, (heerser oor ’n kwart van die land), deur hom tereggewys is oor Herodias, die vrou van Filippos, sy broer en oor al die bose dinge wat hy gedoen het,

20. het hy by alles nog bygevoeg om vir Yoganan in die tronk op te sluit.

21. Dit het gebeur dat, tydens die tyd toe hy al die mense gedoop het, hy Yeshua ook gedoop het. Terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaanHeb 1:5

22. en die Gees van Afsondering het in fisiese vorm, soos ’n duif, op Hom neergedaal en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: “Jy is My Seun, wat Ek liefhet; oor Wie Ek tevrede is.”

23. Yeshua self was omtrent dertig jaar oud en Hy is beskou as die seun van Yosef, die seun van `Eli,

24. die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Malki, die seun van Yannai, die seun van Yosef,

25. die seun van Mattityahu, die seun van Amotz, die seun van Nagum, die seun van Gesli, die seun van Naggai,

26. die seun van Magat, die seun van Mattityahu, die seun van Shim’i, die seun van Yosef, die seun van Y’hudah,

27. die seun van Yoganan, die seun van Reisha, die seun van Z’rubavel, die seun van Sh’altiel, die seun van Neriyah,

28. die seun van Malki, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmodam, die seun van `Er,

29. die seun van Y’hoshe, die seun van `Eli’ezer, die seun van Yoram, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30. die seun van Shim’on, die seun van Y’hudah, die seun van Yosef, die seun van Yonan, die seun van Elyakim,

31. die seun van Mal’ah, die seun van Manah, die seun van Mattatah, die seun van Natan, die seun van Dawid,

32. die seun van Yishai, die seun van `Oved, die seun van Bo’az, die seun van Salmon, die seun van Nagshon,

33. die seun van `Amminadav, die seun van Aram, die seun van Hetzron, die seun van Peretz, die seun van Y’hudah,

34. die seun van Ya‛akov, die seun van Yitz’gak, die seun van Avraham, die seun van Terag, die seun van Nagor,

35. die seun van S’rug, die seun van Re’u, die seun van Peleg, die seun van `Ever, die seun van Shelag

36. die seun van Kenan, die seun van Arpakhshad, die seun van Shem, die seun van Noag, die seun van Lemekh,

37. die seun van Metushelag, die seun van Hanokh, die seun van Yered, die seun van Mahalal’el, die seun van Kenan,

38. die seun van Enosh, die seun van Shet, die seun van Adam, die seun van God.