hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26 Die Boodskap (DB)

Die tweede sensusopname

1. Na die siekte-epidemie het die Here vir Moses en vir Eleasar, Aäron se seun, gesê:

2. “Tel nou die hele volk. Julle moet al die mans van elke stam tel wat twintig jaar en ouer is en wat geskik is vir militêre diens.”

3-4. In daardie stadium was die Israeliete se kamp in die vlakte van Moab, langs die Jordaanrivier, regoor Jerigo. Moses en Eleasar het toe die leiers beveel om so ’n opname te maak, presies soos die Here voorgeskryf het. Hier volg nou ’n lys van die Israeliete wat lank terug reeds uit Egipte weg is.

5. Ruben was die oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok,

6. Gesron en Karmi.

7. Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.

8. Pallu se seun was Eliab,

9. en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was dié Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar wat saam met Korag en sy trawante teen Moses en Aäron in opstand gekom het.

10. Die grond het oopgeskeur en hulle het saam met Korag en sy volgelinge in die skeur verdwyn. Dit was ook toe dat die Here die 250 man met vuur verbrand het om Israel te waarsku.

11. Korag se seuns is egter nie dood nie.

12. Die families in die stam van Simeon was dié van Jemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Die Simeonfamilies was altesaam 22 200 man.

15. Die families in die stam van Gad was dié van Sifjon, Gaggi, Suni,

16. Osni, Eri,

17. Arod en Areli.

18. Die Gadfamilies was altesaam 40 500 man.

19. Er en Onan was Juda se seuns, maar hulle is vroeër al in Kanaän dood.

20. Die families in die stam van Juda was dié van Sela, Peres en Serag.

21. Die Peresfamilies was dié van Gesron en Gamul.

22. Die Judafamilies was altesaam 76 500 man.

23. Die families in die stam van Issaskar was dié van Tola, Puwwa,

24. Jasub en Simron.

25. Die Issaskarfamilies was altesaam 64 300 man.

26. Die families in die stam van Sebulon was dié van Sered, Elon en Jagleël.

27. Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.

28. Die families in die stam van Josef was dié van Manasse en Efraim.

29. Makir, voorvader van Gilead, was uit die Manassefamilie.

30. Die Gileadfamilie was dié van Iëser, Gelek,

31. Asriël, Sekem,

32. Semida, Gefer

33. en Selofgad. Selofgad, Gefer se seun, het nie seuns gehad nie, net dogters. Sy dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.

34. Die Manassefamilies was altesaam 52 700 man.

35. Die Efraimfamilies was dié van Sutelag, Beker en Tagan.

36. Eran was uit die Sutelagfamilie.

37. Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.

38. Die families in die stam van Benjamin was dié van Bela, Asbel, Agiram,

39. Sefufam en Gufam.

40. Die Belafamilies was dié van Ard en Naäman.

41. Die Benjaminfamilies was altesaam 45 600 man.

42. Die familie in die stam van Dan was dié van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie.

43. Die Sugamfamilie was altesaam 64 400 man.

44. Die families in die stam van Aser was dié van Jimna, Jiswi en Beria.

45. Die Beriafamilies was dié van Geber en Malkiël.

46. Aser het ook ’n dogter gehad, Serag.

47. Die Aserfamilies was altesaam 53 400 man.

48. Die families in die stam van Naftali was dié van Jagseël, Guni,

49. Jeser en Sillem.

50. Die Naftalifamilies was altesaam 45 400 man.

51. Die groottotaal van al die Israeliete was 601 730 man.

Grond word verdeel

52. Daarna het die Here vir Moses gesê:

53. “Verdeel nou die land onder die verskillende stamme.

54. Gee aan elke stam die grond wat hulle toekom volgens die grootte van die stam.

55. Jy moet lootjies trek om te bepaal watter stam watter gedeelte van die land kry. Jy moet die grond volgens die grootte van die verskillende stamme verdeel.

56. Laat die stamme saam lootjies trek. Elke stam moet ’n stuk grond kry.”

57. Die families van die stam van Levi wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari

58. en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die oupa van Amram,

59. en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

61. Nadab en Abihu is mos dood toe hulle vuur en offers na die altaar toe gebring het waarvoor die Here nie gevra het nie.

62. Die Leviete van ’n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete in die sensus getel nie, want hulle het mos nie grond as eiendom gekry nie.

63. Moses en Eleasar het hierdie sensus opgeneem in die vlakte van Moab waar die volk langs die Jordaanrivier regoor Jerigo gekamp het.

64-65. Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.