hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 1 Die Boodskap (DB)

1. In die middel van die lente in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het, het die Here met Moses in die tabernakel, die spesiale tent waar Hy hom ontmoet het, gepraat en vir hom gesê:

2-3. “Jy en Aäron moet ’n sensusopname van die hele volk volgens hulle familiegroepe en stamme hou. Skryf die name op van al die mans van twintig en ouer wat militêre diens kan doen.

4. Kry een hoof uit elke stam om julle hiermee te help.

5. Hier is die name van die mense wat julle moet help: uit die stam Ruben: Sedeür se seun Elisur;

6. uit Simeon: Suri-Saddai se seun Selumiël;

7. uit Juda: Amminadab se seun Nagson;

8. uit Issaskar: Suar se seun Netanel;

9. uit Sebulon: Gelon se seun Eliab;

10. uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Ammihud se seun Elisama, en uit Manasse: Pedasur se seun Gamliël;

11. uit die stam Benjamin: Gidoni se seun Abidan;

12. uit Dan: Ammi-Saddai se seun Agiëser;

13. uit Aser: Okran se seun Pagiël;

14. uit Gad: Reüel se seun Eljasaf;

15. uit Naftali: Enan se seun Agira.”

16. Hierdie stamhoofde, wat almal leiers in hulle eie families is, is die mense wat toe deur die volksvergadering aangewys is.

17-18. Moses en Aäron het saam met hierdie leiers toe die volk op daardie dag bymekaar laat kom om hulle te laat registreer volgens hulle familiegroepe en stamme. Al die mans van twintig en ouer se name is een vir een opgeskryf,

19. volgens die Here se opdrag aan Moses. Dit het in die Sinaiwoestyn gebeur.

47-48. Hierdie getalle het nie die Leviete ingesluit nie, want die Here het vir Moses gesê:

49. “Moenie die Leviete bytel wanneer jy die Israeliete tel om te sien hoeveel soldate jy het nie.

50. Jy moet hulle gebruik om toesig te hou oor die tabernakel, die spesiale tent wat die bewys van my teenwoordigheid by julle is. Hulle is ook verantwoordelik vir al die gereedskap en toebehore wat deel is van die tabernakel. Net hulle mag die tabernakel dra en met hierdie gereedskap werk. Daarom moet hulle hulle tente rondom die tabernakel opslaan waar julle ook al kamp.

51. Wanneer die tabernakel verskuif moet word, is dit die Leviete se werk om dit op en af te slaan. Enigiemand anders wat dit naby die tent waag, moet onmiddellik doodgemaak word.

52. Die res van die Israeliete moet hulle kamp volgens hulle verskillende leërafdelings opslaan. Elke afdeling het sy eie vlag.

53. Die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel, wat sê dat Ek by julle is, opslaan. Hulle moet die tabernakel oppas. Dit dien as beskerming vir die res van die volk, sodat iemand nie per ongeluk daar inkom en Ek baie kwaad word vir die Israeliete nie.”

54. Die Israeliete het toe alles presies volgens Moses se voorskrif gedoen.