hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57 Afrikaans 1983 (AFR83)

Julle is 'n broeisel leuenaars

1. Die regverdige kom om,en daar is niemandwat dit ter harte neem nie;dié wat aan die verbond getrou is,sterf sonder dat iemand begrypdat dit deur die boosheid in die wêreld isdat die regverdiges sterf.

2. Dié wat die reguit pad loop,kom waar daar vrede is,hulle rus in die graf.

3. Maar kom julle nader hierheen,kinders van 'n towerheks,julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!

4. Met wie wil julle spot?Teen wie wil julle grootpraat,vir wie wil julle tong uitsteek?Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,'n broeisel leuenaars!

5. Julle dien die afgodemet julle wellus onder die groot bome,onder elke groen boom.Julle offer julle kinders in die laagtesen onder die oorhangende rotse.

6. Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,daar soek julle julle deel.Vir hulle bring julle drankoffersen offer julle graanoffers.Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?

7. Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheiden daarheen opgeklim om offers te bring.

8. Agter jou deure en aan jou kosynehet jy beeldjies opgehang.In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek,op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak.Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het.Jy het hulle naaktheid geniet.

9. Jy het na Molek toe gegaan met olieen met baie wierook;jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur,selfs tot by die doderyk!

10. Jou soekery het jou moeg gemaak;tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie.Jou wellus het jou aanhou oorweldig,daarom het jy nie opgehou nie.

11. Vir wie was jy so bang en bevreesdat jy vals geword het?Jy dink nie meer aan My nie,jy steur jou nie meer aan My nie.Ek het lank geswygtoe jy My nie meer gedien het nie,

12. maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,alles wat jy gedoen het,en jou gode sal jou nie kan help nie.

13. As jy om hulp roep,moet jou spul gode jou kom red,maar 'n wind waai hulle almal weg,'n yl luggie vat hulle weg.Maar wie by My skuil, sal die land besiten my heilige berg as eiendom ontvang.

Ek sal hulle genees

14. Die Here het gesê:Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.

15. So sê Hy wat hoog en verhewe is,Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:Ek woon in 'n hoë en heilige pleken Ek is by hom wat verdruk en nederig is.Ek gee nuwe krag aan die nederiges,Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.

16. Ek reken nie vir altyd sondes toe nie,Ek bly nie vir altyd toornig nie,want anders sou dit die einde beteken van die mens,die mens aan wie Ek die asem gegee het.

17. Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug,Ek het hom geslaan en hom verlaatomdat Ek toornig was.Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan.

18. Ek het gesien wat met hom gebeur,en Ek sal hom genees.Dié van hom wat treur,sal Ek lei en terugbring;Ek sal vir hulle uitkoms gee.

19. Ek stel hulle in staat om My weer te loof.Vrede vir dié wat ver is, vrede vir dié wat naby is,sê die Here.Ek sal hulle genees.

20. Maar die goddeloses is soos die onstuimige seewat nie tot rus kan kom nieen waarvan die golwe aanhou om slyk en modder uit te stoot.

21. Vir die goddeloses is daar geen vrede nie,sê my God.