hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 62 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here het jou lief

1. Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie,ter wille van Jerusalem sal ek nie stilbly nietotdat daar vir hom redding deurgebreek het soos 'n nuwe dag,soos die lig van 'n brandende fakkel.

2. Die nasies sal sien dat jy gered is, Jerusalem,al die konings sal sien dat jy mag het.Jy sal 'n nuwe naam kry,'n naam wat die Here self vir jou gekies het.

3. Die Here sal jou soos 'n sierlike kroon in sy hand hou,jou God sal jou soos 'n koninklike tulband vashou.

4. Jy sal nie meer die verstote vrou genoem word nie,en jou land nie meer die een wat verlate lê nie.Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here liefhet,”en jou land: “Die een wat aan die Here behoort.”Die Here het jou lief,en jou land behoort aan Hom.

5. Soos 'n jong man met 'n meisie trou,so sal jou volk jou syne maaken vir jou sorg.Soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid,so sal jou God oor jou bly wees.

6. Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem,hulle sal dag en nag roep.Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner,julle moenie stilbly nie.

7. Julle moenie stilbly nie totdat Hy Jerusalem herstel het,totdat Hy die hele wêreld die roem van Jerusalem laat sing het.

8. Die Here het 'n eed afgelê,en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen:Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie,uitlanders sal nie weer die wyn drinkwaarvoor jy hard gewerk het nie.

9. Dié wat die koring oes, sal dit eeten hulle sal My loof;dié wat die druiwe oes,sal die wyn drink in die voorhof van my heiligdom.

10. Gaan uit, gaan uit by die poorte,maak die pad gereed vir die volk!Vul die grootpad op, vul dit op!Vat weg die klippe!Steek 'n banier op dat die volke dit kan sien!

11. Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan:“Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom!Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom,dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.”

12. Hulle sal genoem word: “Gewyde volk,volk wat deur die Here verlos is.”En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad,stad wat nie verlate lê nie.”