hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkomsodat die berge voor U skud!

2. Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand,soos 'n vuur wat water laat kook.Laat u Naam só aan u vyande bekend word,laat die nasies só voor U bewe.

3. Toe U wonders gedoen het,wonders wat ons nie verwag het nie,toe U destyds afgekom het,het die berge voor U geskud.

4. Van ouds af het niemand so iets gehoor nie,het niemand so iets verneem nie,het geen oog 'n god gesienwat vir dié wat op hom vertrou,doen wat U doen nie.

5. U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is,dié wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe.U was kwaad vir ons,want ons het gesondig.Ons het so lank daarmee aangehou,hoe kan ons dan nog gered word?

6. Ons het almal geword soos mense wat onrein is,ons beste dade is soos vuil klere;ons is almal soos verdroogde blare,ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind.

7. Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie,niemand wat sy krag in U soek nie.U het ons aan onsself oorgelaat,U laat ons wegkwyn deur ons sondes.

8. U is ons vader, Here,ons is klei en U het ons gevorm,ons is almal die werk van u hande.

9. Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here,moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie,onthou tog ons is almal u volk.

10. U heilige stad het 'n woestyn geword:Sion het 'n woestyn geword,Jerusalem is onbewoonbaar.

11. Ons heilige en pragtige tempelwaar ons voorouers U geloof het,is deur vuur verwoes,alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin.

12. Raak hierdie dinge U dan nie, Here?Gaan U nie ingryp nie?Gaan U aanhou om ons te laat ly?