hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek het dit bekend gemaak

1. Luister, nageslag van Jakob,julle wat julleself Israel noemen wat uit Juda voortkom,julle wat in die Naam van die Here 'n eed aflêen die God van Israel aanbid,maar nie eerlik en opreg nie;

2. julle noem julleself na die heilige staden julle maak staat op die God van Israel,op Hom wie se Naam die Here die Almagtige is.Luister hierna:

3. Ek het wat vroeër gebeur het,lank tevore reeds aangekondig,uit my mond is dit gehoor,Ek het dit bekend gemaak.Toe het Ek dit skielik laat gebeur.

4. Omdat Ek weet dat julle hardkoppig is,dat julle so weerbarstig soos 'n stuk yster isen dat julle kop so hard soos brons is,

5. daarom het Ek dit lank tevore vir julle aangekondig,en dit aan julle bekend gemaak voordat dit gebeur hetsodat julle nie kon sê: “Ons afgode het dit gedoen,ons afgodsbeelde het beveel dat dit moet gebeur” nie.

6. Julle het dit alles gehoor, julle kon dit alles self sien,sal julle dan nie daarvan getuig nie?Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor,dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie.

7. Ek gaan dit nou doen, dit was nie voorheen daar nie.Voor vandag het julle nie daarvan gehoor nie,julle kan nie sê:“Ons het dit al geweet” nie.

8. Julle het nog niks daarvan gehoor nieen julle weet nog niks daarvan nie.Julle kon dit nie vantevore hoor nie,want Ek het geweet dat julle nie vertrou kan word nie,dat julle van julle geboorte af al as oortreders bekend is.

9. Ter wille van my Naam bedwing Ek my toorn,ter wille van my eer tree Ek nie op teen julle niedat julle nie vernietig word nie.

10. Ek het jou gelouter,maar nie soos silwer gelouter word nie,Ek het jou gelouter in die smeltkroes van ellende.

11. Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit,Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie.Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.

Die Here het sy dienaar Jakob verlos

12. Luister na My, Jakob,luister, Israel, vir wie Ek geroep het:Ek is die Here,Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

13. Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê,deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei:Ek het hulle te voorskyn geroepen hulle het tot stand gekom.

14. Kom almal bymekaar, luister.Wie van die gode het aangekondig wat nou gaan gebeur?Die Here het iemand lief,en dié sal aan Babel doen wat hy wilen sy mag teen die Galdeërs laat geld.

15. Ek, Ek het dit gesê, Ek het hom geroep,Ek het hom laat kom,en hy sal voorspoedig wees in wat hy moet doen.

16. Kom nader na My toeen luister hierna:Van die begin af al het Ek niks geheim gehou nie,vandat iets begin gebeur het, is Ek nog altyd daar.En nou, die Here God het my en sy Gees gestuur.

17. So sê die Here, jou Verlosser,die Heilige van Israel:Ek is die Here jou Godwat jou onderrig tot jou beswil,wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.

18. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was,sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het,so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see.

19. Jou nageslag sou so baie gewees het soos sand,jou afstammelinge so volop soos sandkorrels,en Ek sou toegesien het dat hulle nie vernietigen uitgeroei word nie.

20. Gaan uit Babel uit,vlug weg van die Galdeërs af!Jubel dit uit,maak hierdie aankondigingen laat dit weerklink tot in die uithoeke van die aarde;sê: “Die Here het sy dienaar Jakob verlos!”

21. Sy volk het nie dors gekrytoe Hy hulle deur 'n droë wêreld gelei het nie.Hy het vir hulle water uit 'n rots laat stroom,Hy het die rots gekloofen daar het water uitgestroom.

22. Maar vir die goddelosesis daar geen vrede nie, sê die Here.