hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 56 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek sal nog ander byvoeg

1. So sê die Here:Laat reg geskied, doen reg,want die verlossing wat Ek bring, is al aan die kom,en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word.

2. Dit gaan goed met die menswat die sabbat onderhou en dit nie ontheilig nie,wat sorg dat hy niks verkeerds doen nie.Dit gaan goed met die mens wat hom hieraan hou.

3. 'n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het,moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie.'n Ontmande moenie van homself dink:ek is maar 'n droë boom nie.

4. So sê die Here:Aan die ontmandes wat my sabbatte onderhou,wat kies vir wat Ek wil,en wat lewe volgens my verbond,

5. aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogters.Ek sal aan sulke mense 'n naam geewat nie uitgewis sal word nie.

6. Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluitom My te dien, om my Naam lief te hê,en om my dienaars te wees,almal wat my sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie,en wat lewe volgens my verbond,

7. na my heilige berg toe bring.Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed,hulle brandoffers, hulle offersop my altaar sal vir My aanneemlik wees,want my tempel sal uitgeroep word tot'n huis van gebed vir al die volke.

8. Die Here my Godwat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê:Ek sal nog ander byvoegby dié wat reeds bymekaargemaak is.

Hulle is herders sonder insig

9. Kom verslind my volk, al julle wilde diere,al julle diere in die bos!

10. Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind,hulle weet niks nie.Hulle is almal stom honde,hulle kan nie blaf nie;hulle lê net,hulle wil net slaap.

11. Hulle is gulsige honde,hulle ken nie so iets soos genoeg kry nie.Hulle is herders sonder insig,hulle slaan elkeen sy eie koers in,elkeen is op sy eie voordeel uit.

12. Hulle sê: “Kom, hier is die wyn,kom ons slaan die bier weg!Môre sal soos vandag wees,selfs nog baie beter.”