hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23 Afrikaans 1983 (AFR83)

Teen Tirus

1. 'n Uitspraak van die Here teen Tirus:Huil, bemannings van die skepe wat op pad is na Tarsis toe,want julle moederstad is verwoes.Julle het dit gehoor toe julle van Kittiërland af gekom het.

2. Julle moet stil wees, inwoners van die eiland,julle wat handel dryf met Sidon, julle wie se rykdom oor die see aankom!

3. Oor die groot waters word die graan van die Sigor, die oes van die Nyl,na Tirus toe gebring; daarmee dryf die nasies handel.

4. Laat sak jou kop in skaamte, Sidon,want die see, die vestingstad van die see, sê:“Ek het nooit geboortepyne gehad nie,ek het nie kinders in die wêreld gebring nie;ek het nie jongmanne grootgemaak,dogters opgevoed nie.”

5. Die Egiptenaars sal skrikwanneer hulle die berig oor Tirus hoor.

6. Julle moet na Tarsis toe vaar.Huil, inwoners van die eiland!

7. Is dit die stad wat altyd feesgevier het,die stad wat al so lank bestaan,die stad wie se mense in ver lande gaan woon het?

8. Wie het die besluit geneem oor die ondergang van Tirus,Tirus wat krone vir konings uitgedeel het,wie se handelaars soos prinse ontvang is,wie se sakelui die meeste op die aarde geëer is?

9. Die Here die Almagtige het dit besluit.Hy breek die trots,Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!

10. Bewerk julle grond soos dit by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis,want daar is nie meer 'n hawe om mee handel te dryf nie.

11. Die Here het sy hand oor die see uitgesteeken Hy skud die koninkryke.Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.

12. Hy het gesê: “Sidon, jou dae van feesvier is op 'n end,jy sal verwoes word.Maak klaar, vlug oor na die Kittiërs toe!Ook dáár is nie rus vir jou nie.”

13. Kyk na die Galdeërs se land,sy volk bestaan nie meer nie:hulle land is deur die Assiriërs 'n woonplek vir woestyndiere gemaak,die Assiriërs het stormramme daarteen opgerig en die paleise platgestamp,dit 'n puinhoop gemaak.

14. Huil, bemannings van die skepe wat op pad is Tarsis toe,want die stad waarvan julle afhanklik was, is verwoes.

15. In daardie tyd sal Tirus sewentig jaar lank vergete lê,die leeftyd van 'n koning.Aan die einde van die sewentig jaar sal dit met Tirus gaansoos in die lied oor die prostituut:

16. “Vat jou lier,stap deur die stad, vergete prostituut!Speel mooi,sing baie liedjies sodat hulle weer aan jou kan dink!”

17. Na sewentig jaar sal die Here vir Tirus herstel. Die stad sal weer handel dryf, hy sal weer met al die koninkryke van die aarde sake doen.

18. Sy wins en verdienste sal vir die Here afgesonder word, dit sal nie opgegaar of gebêre word nie, want sy wins sal bestem wees vir dié wat in die diens van die Here is,om vir hulle volop kos en mooi klere te koop.