hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek maak jou 'n lig van die nasies

1. Luister na my, eilande,gee aandag, nasies wat ver is!Die Here het my voor my geboorte al geroep;toe ek nog in my moeder se liggaam was,het Hy my op my naam genoem.

2. Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak,my in die skaduwee van sy hand verberg,Hy het my 'n skerp pyl gemaaken my in sy pylkoker weggesteek.

3. Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar,jy is Israel, deur jou maak Ek my mag bekend.

4. Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei,ek het my heeltemal verniet afgesloof.Maar die Here sál aan my reg laat geskied,my God sál my beloon.

5. En nou maak die Here 'n aankondiging,Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak hetom Jakob na Hom toe terug te bringsodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie.Die Here het my 'n belangrike opdrag gegeeen my God gee my die krag om dit te doen.

6. Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar isom die stamme van Jakob te herstelen om die Israeliete wat gered is,terug te bring nie;Ek maak jou 'n lig vir die nasiessodat die redding wat Ek bewerk,die uithoeke van die aarde sal bereik.

7. So sê die Here,die Heilige van Israel, sy Verlosser,vir dié een wat diep verag is,wat deur die nasies verafsku worden wat 'n dienaar van regeerders is:Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan,leiers sal buigtot eer van die Here wat getrou is,die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.

Hulle sal nie honger of dors kry nie

8. So sê die Here:Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor,op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help.Ek sal jou beskermen jou my verbond met my volk maakom sy land te herstel,om sy verlate eiendom weer in besit te neem,

9. om aan dié wat gevange gehou word, te sê: “Gaan uit!”aan dié wat in die donker opgesluit sit: “Kom uit!”Hulle sal versorg word terwyl hulle op pad is,selfs op kaal heuwels sal daar vir hulle genoeg wees.

10. Hulle sal nie honger of dors kry nie,die woestynhitte en die son sal hulle nie brand nie,want Hy wat Hom oor hulle ontferm het,sal hulle onder sy sorg neem.Hy sal hulle by fonteine langs lei.

11. Ek sal al my berge paaie maak,my grootpaaie sal sonder opdraandes wees.

12. Daar kom my volk van ver af!Party kom uit die noorde en uit die weste,party kom uit die land van die Siniete.

13. Jubel, hemel! Juig, aarde!Sing vrolik, berge!Die Here het vir sy volk uitkoms gegee,Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.

14. Sion sê: “Die Here het my verlaat,die Here het my vergeet.”

15. Kan 'n vrou haar eie baba vergeet,haar nie ontferm oor die kindwat sy in die wêreld gebring het nie?Selfs al sou so iets kon gebeur,Ek sal jou nie vergeet nie.

16. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer,Ek sien jou mure altyd voor my.

17. Jou kinders kom binnekort,en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee.

18. Kyk rondom jou en sien wat gebeur,al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe.So seker as Ek lewe, sê die Here,jy sal oor hulle so bly wees soos 'n vrou oor halssnoere,soos 'n bruid oor haar juwele.

19. Jy is nou nog net puinhoop en ruïne,'n verwoeste plek,maar jy sal te klein word vir al jou inwoners,en dié wat jou afgebreek het, sal verdwyn.

20. Kinders wat jy nou nie het nie,sal nog in jou ore kom kerm en sê:“Dié plek is te klein vir ons!Maak vir ons plek om in te woon!”

21. Dan sal jy dink:wie het hierdie kinders vir my in die wêreld gebring?Ek was kinderloos en onvrugbaar,'n balling, 'n verstoteling.Wie het hierdie kinders grootgemaak?Ek het alleen oorgebly.Waar kom hulle vandaan?

22. So sê die Here God:Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe,onder die volke sal Ek my vaandel opsteek.Dan sal hulle jou seuns op die arm na jou toe bring,en jou dogters sal op die skouer aangedra word.

23. Konings sal jou kinders oppas,koninginne sal hulle pleegmoeders wees.Hulle sal diep voor jou buigen die stof van jou skoene aflek.Dan sal jy besef dat Ek die Here is;wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie.

24. Kan 'n soldaat se buit afgeneem word?Sal 'n gevangene sommer vrygelaat wordas hy onder bewaking van 'n betroubare persoon is?

25. So sê die Here:'n Soldaat se gevangene kan ontset word,selfs 'n man met baie mag se buit kan afgeneem word.Ek is 'n vyand van jou vyanden Ek sal jou kinders red.

26. Ek sal jou verdrukkers hulle eie vleis laat eet,hulle sal van hulle eie bloed so dronk word soos van wyn.Dan sal al wat leef, besef dat Ek die Here is,jou Redder en jou Verlosser, die magtige God van Jakob.