hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27 Afrikaans 1983 (AFR83)

In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet

1. Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.

2. Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd;

3. Ek, die Here, sorg daarvoor:Ek lei dit gereeld nat,dag en nag staan Ek wag daarbysodat niemand dit kan beskadig nie.

4. Ek is nie kwaad vir my wingerd nie.Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie.Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrapen heeltemal verbrand

5. as hy nie in my stad kom skuil nie.Hy, Israel, moet met My kom vrede maak,hy moet vrede met My kom maak!

6. In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet,Israel sal groei en lote maak.Die aarde sal vol word van hulle vrugte.

7. Die Here het sy volk nie geslaansoos Hy hulle teëstanders geslaan het nie.Hy het hulle ook nie doodgemaak,soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.

8. Die Here het sy volk gestrafdeur hulle te verjaag en weg te dryf.Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.

9. As Jakob al sy altaarklippe fyn stampsoos 'n mens 'n kalkklip fyn stamp,as hy nie gewyde pale en wierookaltare vir sy afgode oprig nie,sal daar versoening wees vir sy oortreding,sal sy sonde van hom af weggeneem word.

10. Die versterkte stad lê verwoes:'n plek sonder inwoners,verlate soos die woestyn.Dáár wei net kalwers,en hulle vreet wat daar groei,en dáár gaan hulle lê.

11. Die droë takke word afgebreek,vrouens kom en maak vuur daarmee.Israel is 'n volk sonder begrip van wat Ek doen.Daarom sal sy Maker hom nie langer liefhê nieen sal sy Skepper hom nie genadig wees nie.

12. Daardie dag sal die Here sy oes inbringvan die Eufraat af tot by die grens van Egipte,en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word.

13. Daardie dag sal die groot ramshoring geblaas word.Dan sal almal aankom wat in Assirië verstrooi was,ook dié wat na Egipte toe verjaag is.Hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.