hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2 Afrikaans 1983 (AFR83)

Uit Sion kom die openbaring

1. Die openbaring wat Jesaja seun van Amos ontvang het oor Juda en Jerusalem.

2. Daar kom 'n tyd dat die bergwaarop die huis van die Here is,'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppeen sal uitstaan bo die heuwels.Al die nasies sal daarheen stroom,

3. baie volke sal daarnatoe gaan en sê:“Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe,na die huis van die God van Jakobsodat Hy ons sy wil kan leer,en ons daarvolgens kan lewe,want uit Sion kom die openbaring,uit Jerusalem die woord van die Here.”

4. Hy sal oordeel tussen die nasies,regspreek oor baie volke.Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smeeen van hulle spiese snoeiskêre.Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie,en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.

5. Kom, volk van Jakob,laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.

Die hoogmoediges sal verneder word

6. U het u volk Jakob verstoot:hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste,beoefen towery soos die Filistyneen hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;

7. hulle land lê vol silwer en goud,daar is geen einde aan hulle skatte nie;hulle land loop vol perde,daar is geen einde aan die getal van hulle strydwaens nie;

8. hulle land is vol afgode,hulle buig voor die maaksel van hulle hande,voor wat hulle vingers gemaak het.

9. So het mense hulleself vernederen tot 'n val gekom.U moet hulle dit nie vergewe nie.

10. Vlug die rotse in,kruip weg in die grondvir die verskrikking wat van die Here komen vir die glans van sy majesteit.

11. Die hoogmoediges sal tot 'n val kom,die selfversekerdes sal verneder word.Op dié dag sal net die Here hoog wees.

12. Die Here die Almagtige het 'n dag bepaalteen al wat trots en hoog is,teen alles, hoog en laag,

13. teen al die hoë en verhewe seders van die Libanonen teen al die groot bome van Basan;

14. teen al die hoë bergeen teen al die steil rante;

15. teen elke hoë toringen teen elke skansmuur;

16. teen al die handelskepeen teen al die vaartuie vol kosbaarhede.

17. Die hoogmoediges sal verneder word,die selfversekerdes sal tot 'n val kom.Op dié dag sal net die Here hoog wees.

18. Die afgode sal heeltemal verdwyn.

19. As die Here die aarde begin skud,vlug die mense in grotte in die rotseen in gate in die grond invir die verskrikking wat van Hom komen vir die glans van sy majesteit.

20. Daardie dag sal die mensedie afgode van silwer en goudwat hulle gemaak het om voor te buig,weggooi vir die rotte en die vlermuise.

21. As die Here die aarde begin skud,sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlugvir die verskrikking wat van Hom komen vir die glans van sy majesteit.

22. Moenie op mense staatmaak nie:hulle blaas so maklik die laaste asem uit.Hulle is min werd.