hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14 Afrikaans 1983 (AFR83)

Abram red vir Lot en ontmoet vir Melgisedek

1. Dit was in dié tyd dat koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim

2. oorlog gemaak het teen koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim, en teen die koning van Bela, dit is Soar,

3. en as bondgenote opgetrek het na die Siddimvlakte toe, dit is vandag die Soutsee.

4. Twaalf jaar was die gebied onderhorig aan Kedorlaomer, maar in die dertiende jaar het dit gerebelleer.

5. In die veertiende jaar het Kedorlaomer en die konings wat saam met hom was, gekom en die Refaïete verslaan in Asterot-Karnajim, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajimvlakte

6. en die Goriete in die Seïrberge tot by El-Paran in die woestyn.

7. Kedorlaomer-hulle het toe omgedraai en by En-Mispat gekom, dit is Kades, en daar het hulle die hele gebied van die Amalekiete verower en ook nog die gebied van die Amoriete wat toe in Gaseson-Tamar gewoon het.

8. Die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela, dit is Soar, het toe opgetrek en in die Siddimvlakte teenoor die ander konings stelling ingeneem om te veg,

9. teenoor koning Kedorlaomer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, vyf konings teen vier.

10. In die Siddimvlakte was daar oral asfaltgate, en toe die konings van Sodom en Gomorra gevlug het, het hulle daarin geval. Wie van hulle oorgebly het, het na die berge toe gevlug.

11. Die vier konings het al die besittings van Sodom en Gomorra en ook al hulle kos buitgemaak en vertrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Abram se broerskind, en al sy besittings gevat en vertrek. Hy het daardie tyd in Sodom gewoon.

13. Daar het egter iemand ontsnap en dié het alles gaan vertel vir Abram die Hebreër wat gewoon het by die groot bome van die Amoriet Mamre, 'n broer van Eskol en Aner. Hulle drie het 'n verdrag met Abram gesluit.

14. Toe Abram hoor dat sy familielid weggevoer is, het hy sy volgelinge, drie honderd en agtien slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan.

15. Die nag het Abram en sy manne hulle van verskillende kante af aangeval en verslaan. Hy het hulle agtervolg tot by Goba, noord van Damaskus.

16. Abram het al die besittings teruggekry. Hy het ook vir Lot, sy familielid, met al sy besittings teruggekry, ook die vrouens en al die ander mense.

17. Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom, het die koning van Sodom vir Abram tegemoet gegaan in die Sawevlakte, dit is die Koningsvlakte.

18. Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring

19. en hom geseën:“Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste,Skepper van hemel en aarde.

20. Geloof sy God die Allerhoogste!Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.”Toe het Abram vir Melgisedek 'n tiende van alles gegee.

21. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee my net die mense en vat die besittings vir jou.”

22. Maar Abram het hom geantwoord: “Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die Here, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde,

23. dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie.

24. Afgesien van wat my manskappe geëet het, kan jy my buite rekening laat. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, hulle moet hulle deel kry.”