hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20 Afrikaans 1983 (AFR83)

Abraham en Abimelek

1. Abraham het van Mamre af weggetrek na die Suidland toe en hom tussen Kades en Sur gaan vestig. Toe hy op 'n keer in Gerar gewoon het,

2. het hy voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou.

3. Een nag het God in 'n droom aan Abimelek verskyn en vir hom gesê: “Jy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou. Sy is al getroud.”

4. Abimelek het nog nie met haar geslagsgemeenskap gehad nie en hy het gesê: “Here, sal U selfs 'n onskuldige nasie uitroei?

5. Abraham het dan self vir my gesê: ‘Sy is my suster.’ En sy het self gesê: ‘Hy is my broer.’ Ek het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.”

6. Toe het God vir hom in 'n droom gesê: “Ja, Ek weet dat jy dit onskuldig gedoen het. Daarom het Ek jou daarvan weerhou om teen My te sondig en het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie.

7. Gee nou die vrou terug aan haar man. Hy is 'n profeet. Hy sal vir jou bid dat jy kan bly lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, moet jy weet jy sal beslis sterf, jy en almal wat by jou is.”

8. Die môre vroeg het Abimelek sy amptenare geroep en alles vir hulle openlik vertel, en hulle het baie bang geword.

9. Hy het vir Abraham geroep en vir hom gesê: “Wat het jy ons aangedoen? Wat het ek aan jou gedoen wat verkeerd is dat jy hierdie groot ellende oor my en my koninkryk gebring het? Wat jy my aangedoen het, is onbehoorlik.”

10. Verder het Abimelek vir hom gesê: “Wat het jou besiel om so iets aan te vang?”

11. Toe het Abraham gesê: “Ek het gedink hier is niemand wat vir God dien nie en die mense sal my doodmaak oor my vrou.

12. Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s'n nie. Ek is met haar getroud.

13. Toe God my uit my vaderland laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sê: Hy is my broer.”

14. Abimelek het toe kleinvee en grootvee, slawe en slavinne gevat en vir Abraham gegee en Sara ook aan haar man teruggegee.

15. Toe sê Abimelek vir hom: “My land lê oop voor jou. Bly net waar jy wil.”

16. Vir Sara het Abimelek gesê: “Ek gee aan jou broer duisend stukke silwer. Dit is om almal wat by jou is, te laat stilbly en om te wys alles is in orde.”

17. Abraham het toe tot God gebid, en Hy het vir Abimelek gesond gemaak, ook sy vrou en sy slavinne, en toe kon hulle weer kinders hê.

18. Dit was nadat die Here elke vrou in die huis van Abimelek daarvan weerhou het om kinders te hê. Die Here het dit gedoen oor wat gebeur het met Sara die vrou van Abraham.