hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40 Afrikaans 1983 (AFR83)

Josef lê die skinker en die bakker se drome uit

1. 'n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het 'n skinker en 'n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree teenoor hulle koning.

2. Die farao het kwaad geword vir sy twee amptenare, die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers.

3. Hy het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was, in die gebou van die koninklike lyfwag.

4. Die hoof van die lyfwag het Josef vir hulle beskikbaar gestel: hy moes hulle bedien.Toe hulle al lank in die tronk was,

5. het die twee een nag gedroom. Die skinker en die bakker van die koning van Egipte het daar waar hulle in die tronk opgesluit was, elkeen sy eie droom gehad met sy eie uitleg.

6. Josef het die volgende môre by hulle gekom en opgemerk dat hulle bedruk was.

7. Hy het vir die twee wat saam met hom in die tronk was, die amptenare van die farao, gevra: “Waarom lyk julle vandag so bedruk?”

8. Hulle het hom geantwoord: “Ons het elkeen 'n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.”Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.”

9. Die hoof van die skinkers het sy droom vir Josef vertel. Die skinker het gesê: “In my droom het ek 'n wingerdstok voor my gesien,

10. en aan die wingerdstok was daar drie lote. Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp.

11. Ek het die farao se beker in my hand gehad en ek het die druiwe gepluk en daarin uitgedruk. Toe gee ek die beker vir die farao.”

12. Josef het vir die skinker gesê: “Dit is die uitleg: die drie lote is drie dae.

13. Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was.

14. Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my 'n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom.

15. Ek is uit die land van die Hebreërs gesteel en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.”

16. Toe die hoof van die bakkers die gunstige uitleg hoor wat Josef gegee het, sê hy vir hom: “En nou ek! In my droom was daar drie mandjies met brood op my kop.

17. In die boonste mandjie was daar 'n geurige baksel vir die farao. Maar die voëls het dit so uit die mandjie uit op my kop kom opvreet.”

18. Josef het vir die bakker gesê: “Dit is die uitleg: die drie mandjies is drie dae.

19. Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jóú sal hy aan 'n paal laat ophang en die voëls sal jou vleis van jou afvreet.”

20. Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op 'n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag gegee aan die saak van die skinker en die bakker.

21. Hy het die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel, en die skinker het weer vir die farao sy beker aangegee,

22. maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang. Dit alles het gebeur soos Josef vir die twee hulle drome uitgelê het.

23. Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet.