hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie.

2. Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jouliewer prys.

3. Dit is swaar om klip en sand aan te dra, dit is nog swaarder om die ergernis te verdrawat ’n dwaas jou veroorsaak.

4. Woede kan wreed wees en toorn ’n onstuitbare vloed, maar teen jaloesie is daar geen verweer nie.

5. ’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly.

6. Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.

7. As jy genoeg geëet het, is heuning nie meer lekker nie.Wanneer iemand honger is, is selfs ’n bitter ding lekker.

8. Iemand wat wegloopvan sy huis af, is soos ’n voël wat sy nes verlaat.

9. Eerlike raad van ’n vriendis so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook.

10. Moenie jou rug draai op jou vriend of op iemand wat jou pa se vriend was nie. Wanneer jy moeilikheid het, hoef jy nie na jou broer se huis te gaan nie. ’n Buurman wat naby is,is baie meer werd as ’n broer wat ver is.

11. As jy wys is, my seun,sal dit my gelukkig maak.Dan sal ek kan terugantwoord wanneer ek bespot word.

12. ’n Verstandige mens sien onheil kom en kruip daarvoor weg. Onverstandige mense loop oopoë daarin en betaal die prys daarvoor.

13. Vat iemand se klere as hy borg staan vir ’n vreemdeling. Hou dit as pand wanneer hy borg staan vir ’n vreemde vrou.

14. As iemand vroegoggendsy buurman luidrugtig môre-sê, kan dit lyk of hy hom eerder vervloek.

15. ’n Vrou wat aanhou neul, is soos ’n aanhoudende gedrup op ’n reëndag.

16. Om haar te probeer stilkry, is net so goed as om die wind te laat ophou waai of olie te probeer vashou met jou hande.

17. Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.

18. Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belangevan sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek.

19. Soos jou gesig weerkaats in water,so wys iemand se hart wat in hom aangaan.

20. Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie.

21. ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê.

22. Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie.

23. Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe.

24. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie.

25. As daar van ou gras hooi gemaak is, die gras weer begin uitloop,en die voer uit die berge ingebring is,

26. sal die skape weer wol gee en die bokke verkoop word vir die prys van ’n stuk grond.

27. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin en ook nog jou slavinne te onderhou.