hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here stuur die koning soos Hy wil. Dit is soos ’n stroom water wat Hy afkeer waarheen Hy wil.

2. ’n Mens dink dalkalles wat hy doen, is reg. Die Here besluit egter oor die bedoeling daaragter.

3. Die Here hou meer daarvan dat iemand reg doen en regverdig optree as dat hy offers vir Hom bring.

4. Hovaardige oë en hoogmoedige harte is ’n kenmerk van goddeloses, dit is hulle sonde.

5. Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek.

6. Skatte met leuens verwerf, beteken niks en bring net die dood.

7. Die geweld van goddeloses sleur hulle mee. Hulle weier mos om te doen wat reg is.

8. ’n Skuldige mens loop kronkelpaaie. ’n Mens wat opreg is, loop ’n reguit pad.

9. Dit is beter om op die hoekvan ’n platdak te bly, as binne-in ’n huis saam met ’n vrou wat oor alles stry.

10. ’n Slegte mens wens ander net sleg toe. Hy het niks oor vir sy medemens nie.

11. Wanneer jy iemand wat ander belaglik maak, laat boet vir sy dade,leer onervare mense wysheid daaruit. Wanneer jy iemand onderrig wat reeds wysheid het, leer hy nog meer daaruit.

12. Die regverdige God sien wat gebeur in die huis van goddelose mense. Hy bring teëspoed oor die goddelose mense.

13. Iemand wat sy ore toedruk vir die hulpkreet van ’n arme, sal self ook verniet roep as moeilikheid hom tref.

14. ’n Geskenk ongesiens gegee, koel die man wat kwaad is af. As ’n omkoopgeskenk onopsigtelik gegee word, laat dit driftige woede bedaar.

15. Dit maak regverdige mense bly wanneer reg opgetree word. Dit maak dié wat kwaad doen, bang.

16. As iemand wegdwaal van die verstandige weg, beland hy in die geselskap van die dooies.

17. Wie agter plesier aan loop,word ’n arm mens. Wie lief is vir wyn en weelde, word nooit ryk nie.

18. Soms word ’n slegte mens geruil vir een wat reg doen, en die onbetroubare mens vir die eerlike persoon.

19. Dit is beter om iewers in die woestyn te gaan bly as saam met ’n stryerige vrou wat oor alles neul.

20. In ’n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ’n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het.

21. Iemand wat hom beywer vir reg en liefde, verkry ’n vol lewe, geregtigheid en eer.

22. ’n Wyse man kan ’n stad oorwinal is dit vol dapper soldate. Selfs die vesting waarop hulle vertrou, kan hy laat val.

23. Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid.

24. Dis bekend dat ’n spotter hovaardig en aanmatigend is.Sy hovaardige optrede ken geen perke nie.

25. Die begeertes van ’n lui mens lei na sy dood. Hy weier om sy handeuit sy moue te steek.

26. Elke dag begeer hy net meer en meer. Die regverdige gee sonder om iets terug te hou.

27. God verafsku die offers wat goddeloses bring, veral as hulle dit doen met allerlei bymotiewe.

28. ’n Vals getuie sal omkom. ’n Betroubare getuie se getuienis staan vas.

29. ’n Slegte mens maak asof hy dapper is. ’n Opregte mens oorweeg elke tree wat hy gee.

30. Geen menslike wysheid, of insig, of besluit kan voor die Here bly staan nie.

31. Perde kan afgerig word vir oorlog, maar die oorwinning kom net van die Here.