hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Eer pas net so minby ’n dwaas soos sneeu in die someren reën in oestyd.

2. Ongeregverdigde vervloeking is soos dartelende voëltjies en ’n swaeltjie wat wegvlieg. Daar sal niks van kom nie.

3. Stuur ’n perd met ’n sweep,’n donkie met ’n toomen ’n dwaas met ’n lat vir sy rug.

4. Moenie ’n dwaas antwoord volgens sy dwaasheid nie anders word jy net soos hy.

5. Antwoord ’n dwaasvolgens sy dwaasheidsodat hy nie homself as wys beskou nie.

6. Om ’n boodskap saam met ’n dwaas te stuur, is net so goedas om jou voet af te kap of om gif te drink.

7. ’n Spreuk uit ’n dwaas se mond is net so onbruikbaar soos die bene van ’n verlamde persoon.

8. Om ’n dwaas te vereer, is soos om ’n klip in ’n slingervel vas te bind.

9. ’n Spreuk uit ’n dwaas se mond is soos ’n doring in ’n dronk mens se hand.

10. Iemand wat ’n dwaas of ’n verbyganger van die straat af huur,is soos iemand wat sommer blindelings ’n pyl afskiet.

11. ’n Dwaas wat sy foute herhaal, is soos ’n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe.

12. Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat dink hy is baie slim.

13. ’n Luiaard se verskoning is: “Daar is ’n leeu op straat,’n leeu is tussen die huise!”

14. ’n Luiaard draai om en om op sy bed, soos ’n deur heen en weer swaaiop sy skarnier.

15. ’n Luiaard steek sy hand in die skottel,maar sy hand is te moeg om dit weer terug te bring na sy mond.

16. Die luiaard dink hy weet meer as sewe ander mense wat goeie antwoorde kan gee.

17. Om sommer in die verbygaan in te meng in ander mense se rusie is soos om ’n kwaai hond sommer aan sy ore te gryp.

18. Soos ’n kranksinnige watdodelike wapens afvuur,

19. so is iemand wat ander bedriegen sê: “Ek het net ’n grappie gemaak.”

20. Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie,so hou ’n rusie opas daar nie skinderpraatjies is nie.

21. ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat.

22. Na skinderstoriesluister mense graag,maar dit word maklikdeel van jou lewe.

23. Glasuur oor ’n potskerf, so is vleiende woorde wat uit ’n bose hart kom.

24. Iemand wat in sy hart haaten bedrog koester,steek dit weg agter sy woorde.

25. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings.

26. Al steek hy sy haat vernuftig weg, sy kwaad sal in die gemeenskap duidelik word vir almal.

27. Iemand wat ’n vanggat vir ’n ander mens grawe, val self daarin. Die klippe wat hy in ’n ander se pad rol, sal na hom toe terugkom.

28. Iemand wat leuens vertel, haat dié wat hy benadeel.’n Persoon wat ander vlei,veroorsaak ellende.