hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Vertrou op die Here

1. My seun, moenie vergeet wat ek jou geleer het nie. Hou vas aan my opdragte.

2. Dit sal jou lank laat lewe en jou ’n voorspoedige lewe gee.

3. Moenie dat jy tekort skietaan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra.Skryf dit op die tafel van jou hart.

4. Jy sal guns en ’n goeie naam verkry by God en by mense.

5. Vertrou op die Heremet alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie.

6. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.

7. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.

8. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.

9. Vereer die Heremet alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.

10. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloopvan al die wyn.

11. My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die Herejou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie.

12. Die Here bestraf immershulle wat Hy liefhet net soos ’n pa sy seun teregwys.

13. Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.

14. Wysheid het meer voordele as geld.Haar beloning is meer werd as goud.

15. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer,vergelyk daarmee nie.

16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.

17. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede.

18. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.

19. Die Here het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan.

20. Deur sy kennis hetwater uit die diep fonteine geborrelen het daar reën uit die wolke geval.

21. My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas.

22. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.

23. Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie.

24. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap.

25. Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie.

26. Die Here is jou beskermer. Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik trap nie.

27. Moenie wag omgoed te doen vir iemand wat dit nodig het nie,veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen.

28. Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.

29. Moenie ’n plan beraamteen iemand wat vol vertroue by jou woon nie.

30. Moenie sommer rusie soek met iemand wat jou nie kwaad aangedoen het nie.

31. Moenie jaloers wees op iemand wat geweld gebruik nie. Moenie ook maak soos hy nie.

32. Die Here het ’n afkeer aan skelms, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.

33. Die vloek van die Hererus op die huis van die goddelose,maar hulle wat opreg lewe,seën Hy.

34. Hy dryf die spot met mense wat ander spot. Hy is goed vir hulle wat nederig is.

35. Wyse mense word vereer. Dwase mense kom in die skande.