hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg.

2. Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid.

3. Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheidvan onbetroubare mense bring hulle ondergang.

4. Rykdom gaan niks help op die dag van oordeel nie. Om reg te lewe sal jou red van die dood.

5. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk. Die goddelose sal deur sy goddeloosheid inmekaarstort.

6. Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red.Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal.

7. ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou.

8. God bevry die regverdige uit sy nood; Hy laat goddeloses in daardie nood verval.

9. Goddeloses vernietig mense met hulle woorde. Dié wat reg lewe, worddeur hulle kennis gered.

10. ’n Stad juig oor die voorspoed van die regverdiges. Dit jubel as goddelose mense te gronde gaan.

11. As opregte mense ’n stad prys, bring dit voorspoed vir die stad. Die woorde van goddeloses laat dit agteruitgaan.

12. Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. ’n Verstandige mens sal eerder stilbly.

13. ’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.

14. Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê.

15. Dit is gevaarlik om vir ’n vreemdeling borg te staan;dit is veiliger om daarvoor nee te sê.

16. ’n Deugsame vrou verdien agting. Gewelddadiges jaag na rykdom.

17. ’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself.

18. Goddeloses word skynbaar gou ryk, maar dit hou nie. Die regverdige sal ’n beloning kry wat vir altyd hou.

19. Lewe wag vir hulle wat regverdig is. Die dood wag vir hulle wat agter kwaad aan is.

20. Die Here het ’n afsku aan agterbakse mense. Hy is lief vir mense wat onberispelik lewe.

21. Slegte mense sal baie beslis nie loskom nie. Die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word.

22. ’n Mooi vrou sonder gesonde oordeel is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet.

23. Die regverdiges wens altyd vir die regte dinge. Waarvoor die goddeloses wag, bring net straf.

24. Mense wat graag uitdeel,ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm.

25. Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik.

26. Mense vervloek selfsugtige mense wat weier om koring te verkoop. Hulle seën iemand wat bereid is om te verkoop.

27. ’n Persoon geniet aanvaarding as hy die goeie nastreef. Kwaad haal die een in wat daarop uit is.

28. Iemand wat staatmaak op rykdom, kom juis tot ’n val. Iemand wat reg doen, floreersoos groen blare aan ’n boom.

29. Die een wat in sy huisongelukkigheid bring, sal naderhand die wind erf. ’n Onverstandige mens word die slaaf van iemand met wysheid.

30. Iemand wat reg optree, is soos ’n vrugbare boom. ’n Mens wat wys is, red ander se lewens.

31. As die regverdige hier op aarde kry wat hom toekom, sal ook die goddelose en die sondaar besliskry wat hy verdien.