hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Soek eerder na ’n goeie naam as na groot rykdom. Hoë aansien is beter as silwer of goud.

2. Vir mense, ryk en arm, is dit dieselfde: die Here het hulle almal gemaak.

3. Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor.

4. Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe.

5. Op ’n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg.

6. Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.

7. Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen.

8. ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom.

9. ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.

10. Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom.

11. Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend.

12. Die Here hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.

13. “Daar is ’n leeu daarbuite!” sê die luiaard.“Ek sal gevang word as ek dit buite waag!”

14. ’n Vreemde vrou se woorde is ’n bodemlose put; as die Here vir jou kwaad is, sal jy daarin val.

15. Dwaasheid is eie aan ’n seun; ’n pak slae haal dit uit hom uit.

16. Wie arm mense verontreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval.

Dertig Reëls

17. Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer.

18. My onderrig sal goed wees as jy dit jou eie maak en dit kan gebruik.

19. Vandag onderrig ek spesifiek vir jou sodat jy op die Herekan vertrou.

20. Ek skryf 30 voorskrifte vir jou neer. Hulle is vol raad en kennis.

21. Deur hulle sal jy in staat wees om die waarheid te herken en betroubaar verslag te doen aan die mense wat jou stuur.

22. Moenie ’n arm mens uitbuit net omdat hy arm is nie. Moenie die hulpelose in hofsake uitbuit nie.

23. Die Here sal hulle saak verdedig. Hy sal mense wat hulle beroof, weer van húlle lewe beroof.

24. Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie.Bly ver weg van een wat ongeduldig is.

25. Jy moenie dalk sy maniere by hom aanleer nie. Dit sal die oorsaak word van jou eie ondergang.

26. Moenie borg staan vir iemand nie. Moenie instaan vir ander se skuld nie.

27. As jy dit nie kan terugbetaal nie, sal hulle selfs jou bed onder jou wegvat.

28. Moenie grensdrade verskuif wat jou voorouersopgerig het nie.

29. Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.