hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere, ’n dwars antwoord laat woede opspring.

2. Die woorde van wyse mense maak kennis aanloklik. Dwase mense borrel oorvan dwase dinge.

3. Die Here sien oral wat gebeur. Sowel slegte as goeie mensehou Hy dop.

4. Vriendelike woorde bring lewe, bedrieglike woorde vernietig mense.

5. ’n Dwaas praat smalend oor wat sy pa hom leer, iemand wat hom laat reghelp, is verstandig.

6. In die huis van regverdiges is daar skatte. Wat die goddelose inbring,bring vir hom moeilikheid.

7. Wyse mense versprei kennismet wat hulle sê. Dwase mense kan dit nie doen nie.

8. Die Here verafsku die offers van goddelose mense. Hy is bly oor die gebede van opregtes.

9. Die Here verafsku die manier waarop goddelose mense leef. Hy het die mense lief wat volgens sy wil lewe.

10. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word. Hy wat berisping haat, sal sterf.

11. Die Here weet wat gebeur in die doderyk en in die onderaardse dieptes. Hoeveel te meer weet Hy wat aangaan in mense se harte.

12. ’n Spotter hou nie van die persoonwat hom teregwys nie. Hy vra nie raad by ’n wyse nie.

13. Blydskap laat ’n mens se gesig straal. Hartseer maak ’n mens terneergedruk.

14. ’n Verstandige mens soek ernstig na kennis. ’n Dwase mens teer op dwaasheid.

15. Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ’n fees.

16. Dit is baie beter om min te hê en ook respek vir die Here,as om groot rykdom te besit met die onrus daarmee saam.

17. Liewer net ’n skeppie groente saam met iemand vir wie jy lief is, as ’n lekker stuk beesvleis en haat daarmee saam.

18. ’n Humeurige mens sit twis aan die gang. ’n Verdraagsame mens sit ’n stryery stop.

19. ’n Luiaard se pad is met dorings besaai. ’n Opregte mens se pad is gelyk.

20. ’n Verstandige seun maak sy pa bly. ’n Dwase seun het geen respek vir sy ma nie.

21. Iemand sonder verstandput vreugde uit sy dwaasheid. Iemand met insigbly op die regte pad.

22. Sonder beplanningloop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers.

23. Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê.Wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

24. Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe.Dit stuur weg van die doderyk daar onder.

25. Die Here vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee.

26. Die Here verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes.

27. ’n Gierigaard bring ongeluk oor sy huis. Wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.

28. ’n Regverdige mens dink eers voor hy antwoord. By goddelose mense se monde borrel daar slegte dinge uit.

29. Die Here luister niena goddelose mense nie. Hy verhoor die gebed van die regverdige mens.

30. Oë wat blink, bring vreugde. Goeie nuus bring gesondheid.

31. Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid.

32. Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig.

33. Om respek vir die Here te hê,leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer.