hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wanneer jy aansit vir etesaam met ’n regeerder, kyk dan goedna wat voor jou neergesit is.

2. As jy ’n groot eter is, sit ’n mes teen jou keel.

3. Moenie al die lekker kos begeer nie. Jy kan jou met die kos misgis.

4. Moenie jou afsloof om ryk te word nie. Wees verstandig genoeg om binne perke te bly.

5. As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg.Dit sal vlerke kry soos ’n arenden wegvlieg in die lug.

6. Moenie eet by ’n suinige mens nie. Moenie sy lekker kos begeer nie.

7. Hy sê: “Eet en drink gerus!” Hy bedoel dit nie, want hy sit en berekenhoeveel dit hom sal kos.

8. Jy sal naar word van die bietjie wat jy eet, jou komplimente sal jy moet sluk.

9. Moenie ’n dwaas reghelp nie. Jou goeie raad behandel hy met minagting.

10. Moenie die ou grense van ’n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie.

11. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

12. Onderwerp jou aan dissipline. Luister goed na wat ek jou leer.

13. Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie. Hy sal nie doodgaan van ’n pak slae nie.

14. As jy hom wil red van die dood, moet jy hom juis lyfstraf gee.

15. Ek sal baie bly wees, my kind, as jy ook ’n wyse mens word.

16. Ek sal in my hart juig wanneer jy reg praat.

17. Moenie jaloers word op sondaars nie. Behou altyd jou ontsag vir die Here.

18. Jy sal altyd ’n toekoms hê. Jou hoop sal nooit beskaam word nie.

19. My kind, luister na my, dat jy wys kan word. Hou jou hart op die regte koers.

20. Jy moenie jou tyd verspil op suiplappe en vrate nie.

21. Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop.

22. Luister na jou pa wat jou die lewe gegee het. Moenie jou ma afskryf omdat sy oud geword het nie.

23. Verkry waarheid. Moet nooit daarvan afstand doen nie. Hou vas aan wysheid, selfbeheersing en insig.

24. ’n Pa van ’n kind wat reg doen,het rede vir blydskap. ’n Wyse kind verskaf sy ouers groot vreugde.

25. Laat daar rede wees vir jou pa en jou ma om oor jou bly te wees.Mag jou ma wat jou in die lewe gebring het,rede hê om oor jou te juig.

26. My seun, maak jou hart vir my oop en volg my voorbeeld na.

27. ’n Sedelose vrou is soos ’n diep waterkuil. ’n Verleidster is soos ’n put waaruit jy nie kan kom nie.

28. Sy sit en wag vir haar prooi soos ’n rower. Sy soek na iemand om te oorreed tot ontrouheid aan sy vrou.

29. Wie het kopseer en lyfseer?Wie maak rusie en kla? Wie het onnodige kneusplekke? Wie se oë is bloedbelope?

30. Dis dié wat tot laat sit en drink en allerlei mengsels proe.

31. Moenie dat jy verlei word deur die rooi glans van wyn, die vonkel in die beker, die gladde manier waarop dit in jou keel afloop nie.

32. Nadat jy dit gedrink het, pik dit soos ’n slang, spoeg dit gif soos ’n kobra.

33. Jy sien dan vreemde dinge en jou gedagtes is verward.

34. Dit voel of jy rondsteier soos ’n matroos op see, of op ’n seilboot rondslinger.

35. Jy redeneer by jouself: “Hulle het my geslaan en ek het nie seergekry nie! Ek weet nie eers dat hulle my geslaan het nie. Wanneer ek wakker word,sal ek iets gaan soek wat ek kan drink.”