hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jakob kom in Paddan-Aram

aan

1. Jakob het sy reis voortgesit en uiteindelik in die land van die mense in die ooste aangekom.

2. Op ’n afstand sien hy toe onverwags ’n put in die veld en tot sy verbasing sien hy ook drie troppe kleinvee wat daar lê en wag om te drink! ’n Swaar klip was oor die opening van die put.

3. Dit was die gebruik om te wag totdat al die troppe by die put is voordat hulle die klip wegrol. Nadat die vee gedrink het, rol hulle die klip weer terug oor die put.

4. Jakob gaan praat toe met die skaapwagters en vra: “Waar woon julle, vriende?”“In Haran,” sê hulle.

5. “Ken julle iemand met die naam Laban, die kleinseun van Nahor?”“O ja, ons ken hom!” antwoord hulle.

6. “Hoe gaan dit met hom?” vra Jakob.“Dit gaan goed met hom,” antwoord hulle hom. “Kyk, hier kom sy dogter Ragel juis nou aan met die vee.”

7. “Die son sit nog hoog. Dis nog nie tyd om hulle in die kraal te jaag nie. Gee vir die vee water sodat hulle kan teruggaan om te wei,” sê Jakob.

8. “Ons laat hulle nie drink voordat al die troppe en hulle skaapwagters hier is nie,” antwoord hulle. “Dan eers haal ons die klip van die put af.”

9. Terwyl hulle besig was om te praat, kom Ragel daar aan met haar pa se kleinvee wat sy opgepas het.

10. Toe Jakob sy niggie Ragel met haar pa se kleinvee sien, het hy na die put toe gegaan, die klip weggerol om sy oom se vee laat drink.

11. Daarna soen Jakob vir Ragel, terwyl die trane oor sy wange loop.

12. Hy verduidelik toe vir Ragel dat hy haar neef is, die seun van haar tante Rebekka. Ragel hardloop toe vinnig en gaan vertel dit vir haar pa Laban.

13. Toe Laban van Jakob hoor, het hy haastig uitgekom om hom te ontmoet. Hy het hom omhels en gesoen. Laban het hom saamgevat huis toe waar Jakob sy verhaal aan hom vertel het.

14. “Dink net,” roep Laban uit. “Jy is my eie bloedfamilie!”Na hy ongeveer ’n maand lank by hom gebly het,

Jakob trou met Lea en met

Ragel

15. sê Laban vir hom: “Jy hoef darem nie verniet vir my te werk net omdat ons familie is nie. Wat wil jy as betaling hê?”

16. Laban het twee dogters gehad. Lea was die oudste en Ragel die jongste.

17. Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was baie aantreklik en het ’n pragtige figuur gehad.

18. Jakob was verlief op Ragel. Daarom sê hy: “Ek sal sewe jaar werk om Ragel, die jongste dogter, as vrou te kry.”

19. “Afgespreek!” sê Laban. “Ek sal haar eerder vir jou gee as vir iemand buite die familiekring. Bly by ons.”

20. Jakob het toe sewe jaar gewerk om Ragel as vrou te kry. Maar hy het haar so liefgehad dat dit vir hom soos ’n paar dae was.

21. Toe die tyd verby was, sê Jakob vir Laban: “Ek het my deel van die ooreenkoms nagekom. Gee haar nou vir my sodat ons kan trou.”

22. Laban nooi toe almal in die omgewing uit om saam die bruilof te kom vier.

23. Maar daardie nag, toe dit donker was, neem Laban vir Lea na Jakob toe; en hy het by haar geslaap.

24. Laban het Silpa as persoonlike slavin vir Lea gegee.

25. Toe Jakob die volgende oggend wakker word, sien hy met skok dis Lea! “U het my bedrieg!” sê Jakob vir Laban. “Ek het sewe jaar lank vir u gewerk om Ragel te kry! Hoekom het u my verkul?”

26. “Dis nie ons gebruik dat ’n jonger dogter voor die oudste een trou nie,” antwoord Laban.

27. “Wag totdat die huweliksweek verby is, dan gee ek Ragel ook vir jou op voorwaarde dat jy nog ’n verdere sewe jaar vir my werk.”

28. Jakob het ingestem. ’n Week na die huwelik met Lea het Laban ook Ragel as vrou vir hom gegee.

29. Laban het Bilha as persoonlike slavin vir Ragel gegee.

30. Jakob het toe ook by Ragel gaan slaap. Hy het haar baie liewer gehad as vir Lea en nog ’n verdere sewe jaar vir Laban gewerk.

Jakob se vroue en sy kinders

31. Omdat Lea minder geliefd was, het die Here vir haar kinders gegee, maar Ragel was kinderloos.

32. Lea het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my verdriet gesien; dalk sal my man my nou liefhê.”

33. Sy het weer swanger geword en nog ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Simeon genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het gehoor dat ek minder geliefd is. Daarom het Hy my nog ’n seun gegee.”

34. Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Levi genoem, “want,” het sy gesê, “my man sal nou sekerlik aan my geheg raak omdat ek nou al vir hom drie seuns gegee het!”

35. Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die Here prys!” Daarna het sy nie meer kinders gehad nie.