hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Adam se afstammelinge tot by

Noag

1. Die volgende is ’n lys van Adam se afstammelinge. Toe God mense geskep het, het Hy hulle na sy beeld gemaak.

2. Hy het hulle manlik en vroulik gemaak. Hy het hulle toe “mens” genoem en hulle geseën.

3. Toe Adam 130 jaar oud was, is sy seun Set gebore. Hy was die ewebeeld van sy pa.

4. Ná die geboorte van Set het Adam nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

5. Hy was 930 jaar oud toe hy dood is.

6. Toe Set 105 jaar oud was, is sy seun Enos gebore.

7. Ná die geboorte van Enos het Set nog 807 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

8. Hy was 912 jaar oud toe hy dood is.

9. Toe Enos 90 jaar oud was, is sy seun Kenan gebore.

10. Ná die geboorte van Kenan het Enos nog 815 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

11. Hy was 905 jaar oud toe hy dood is.

12. Toe Kenan 70 jaar oud was, is sy seun Mahalalel gebore.

13. Ná die geboorte van Mahalalel het Kenan nog 840 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

14. Hy was 910 jaar oud toe hy dood is.

15. Toe Mahalalel 65 jaar oud was, is sy seun Jered gebore.

16. Ná die geboorte van Jered het Mahalalel nog 830 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

17. Hy was 895 jaar oud toe hy dood is.

18. Toe Jered 162 jaar oud was, is sy seun Henog gebore.

19. Ná die geboorte van Henog het Jered nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

20. Hy was 962 jaar oud toe hy dood is.

21. Toe Henog 65 jaar oud was, is sy seun Metusalag gebore.

22. Ná die geboorte van Metusalag het Henog nog 300 jaar in ’n noue verhouding met God gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

23. Hy het altesaam 365 jaar gelewe.

24. Hy het sy lewe lank baie naby aan God gelewe. Toe het hy verdwyn, want God het hom weggeneem.

25. Toe Metusalag 187 jaar oud was, is sy seun Lameg gebore.

26. Ná die geboorte van Lameg het Metusalag nog 782 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

27. Hy was 969 jaar oud toe hy dood is.

28. Toe Lameg 182 jaar oud was, is sy seun Noag gebore.

29. Lameg het hierdie seun Noag genoem, want hy het gesê: “Hy sal ons opbeur in die vermoeiende handewerk wat ons moet doen op die grond wat die Here vervloek het.”

30. Ná die geboorte van Noag het Lameg nog 595 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

31. Hy was 777 jaar oud toe hy dood is.

32. Toe Noag 500 jaar oud was, het hy drie seuns gehad, naamlik Sem, Gam en Jafet.