hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Here sluit ’n verbond met

Abram

1. Daarna het die Here in ’n visioen aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees.”

2. Maar Abram het geantwoord: “Oppermagtige Here, wat beteken al u seëninge as ek nie eers ’n seun het nie? Daarom sal Eliëser van Damaskus my erfgenaam word.

3. U het my geen kinders gegee nie. Een van my slawe sal dus alles erf wat ek besit.”

4. Toe sê die Here vir hom: “Nee, hy sal nie jou erfgenaam word nie. Jy sal ’n seun van jou eie hê wat al die besittings wat Ek jou gee, sal erf.”

5. Daarop neem die Here Abram na buite toe en sê: “Kyk op na die naghemel en tel die sterre. Kan jy hulle tel? Net so baie sal jou nageslag wees!”

6. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken.

7. Die Here sê verder vir hom: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land in besit te neem.”

8. Maar Abram antwoord Hom: “Oppermagtige Here, hoe kan ek verseker weet dat dit aan my sal behoort?”

9. Die Here antwoord hom: “Bring vir My ’n driejaaroud verskalf, ’n driejaaroud bokooi, ’n driejaaroud ram, ’n tortelduif en ’n jong duif.”

10. Abram bring dit toe vir die Here en slag hulle. Hy sny elkeen middeldeur en lê die helftes teenoor mekaar. Die duiwe sny hy egter nie in die helfte nie.

11. Toe roofvoëls op die karkasse toesak, verwilder Abram hulle.

12. Daardie aand, toe die son besig was om onder te gaan, oorval ’n diep slaap Abram en angs en donkerte het hom oorval.

13. Toe sê die Here vir Abram: “Weet verseker dat jou afstammelinge vreemdelinge in ’n vreemde land sal wees. Hulle sal 400 jaar lank as slawe verdruk word.

14. Maar Ek sal dié nasie wat hulle soos slawe behandel, straf. Daarna sal jou nageslag met groot rykdom daar uittrek.

15. Maar jy sal in vrede op ’n rype ouderdom sterf.

16. Vier geslagte ná jou, wanneer die sonde van die Amoriete ryp geword het vir oordeel, sal jou nageslag terugkom na hierdie land toe.”

17. Toe die son ondergegaan het en dit donker was, het Abram ’n rokende oond en ’n brandende fakkel gesien wat tussendeur die halwe karkasse beweeg het.

18. So het die Here daardie dag ’n verbond met Abram gemaak en gesê: “Ek het hierdie land vir jou nageslag gegee, vanaf die Egiptespruit tot by die groot Eufraatrivier.

19. Dit sluit in die land van die Keniete, die Kenissiete, die Kadmoniete,

20. die Hetiete, die Feresiete, die Refaïete,

21. die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.”