hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die volgende is ’n lys van die nakomelinge van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, ná die vloed.

Die nakomelinge van Jafet

2. Die nageslag van Jafet was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.

3. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.

4. Die nageslag van die Grieke was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners.

5. Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad.

Die nakomelinge van Gam

6. Die nageslag van Gam was Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.

8. Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde.

9. Hy was ’n voortreflike jagter voor die Here. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die Here.”

10. Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê.

11. Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.

12. Tussen Nineve en Kalag het hy ook Resen, wat ’n groot stad was, gebou.

13. Egipte was die voorvader van die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

14. Patrosane, Kaslugiete en Kaftoriete uit wie die Filistyne afgestam het.

15. Kanaän se oudste seun was Sidon, die voorvader van die Sidoniërs. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete,

16. Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

17. Hewiete, Erekiete, Siniete,

18. Arwadters, Semariërs en Hamatiete.

19. Mettertyd het stamme van die Kanaäniete versprei en het die grense vanaf Sidon tot by Gasa gestrek op pad na Gerar toe en in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, by Lesa.

20. Dit was die nakomelinge van Gam, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.

Die nakomelinge van Sem

21. Vir Sem, wie se ouer broer Jafet was, is daar ook kinders gebore. Sem was die voorvader van die Hebreërs.

22. Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Die nakomelinge van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.

24. Arpaksad was die voorvader van Selag en Selag was die voorvader van Heber.

25. Heber het twee seuns gehad. Die eerste was Peleg (“verdeling”), want in daardie tyd is die mense verdeel en het hulle oor die aarde versprei. Sy broer se naam was Joktan.

26. Joktan was die voorvader van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab.

30. Die nakomelinge van Joktan het gewoon in die gebied vanaf Mesa na die oostelike heuwels van Sefar.

31. Dit was die nakomelinge van Sem, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.

32. Dit is die geskiedenis oor die afstammelinge van Noag se seuns, aangedui volgens hulle afstamming en onderskeie nasies. Dit is die stamme waaruit die nasies wat ná die vloed oor die aarde versprei het, afkomstig was.