hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Abram word Abraham

1. Toe Abram 99 jaar oud was, het die Here weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg.

2. Ek sal my verbond met jou maak en jy sal ’n groot nasie word.”

3. Toe Abram dit hoor, val hy met sy gesig op die grond. God sê toe vir hom:

4. “Dit is my verbond wat Ek met jou sluit: Jy sal die voorsaat wees van baie nasies.

5. Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies.

6. Ek sal jou talle nasate gee wat uit baie nasies sal bestaan. Daar sal ook konings uit jou nageslag voortkom.

7. “Ek sal my verbond tussen My en jou bevestig van geslag tot geslag. Dit sal vir altyd voortduur. Ek sal altyd jou God wees en ook die God van jou nageslag.

8. Hierdie hele land Kanaän waar jy nou bly, gee Ek vir jou en jou nageslag, vir altyd. En Ek sal hulle God wees.”

Die besnydenis

9. “Jou deel van die ooreenkoms,” sê God vir Abraham, “is om die voorwaardes van die verbond na te kom. Dit geld vir jou en al die geslagte ná jou.

10. Dít is my verbond wat jy en jou nageslag moet onderhou: Elke manlike persoon onder julle moet besny word.

11. Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is die teken van die verbond tussen My en julle.

12. Elke seun moet op die agtste dag na geboorte besny word. Dit geld nie net jou familie nie, maar ook alle slawe wat in jou huishouding gebore word en dié wat as slawe gekoop word.

13. Almal moet besny word. So sal julle aan julle liggame die teken dra van my ewigdurende verbond.

14. Elkeen wat nie besny is nie, sal afgesny word van God se belofte omdat hy die verbond verbreek het.”

Sara sal Isak in die wêreld

bring

15. Verder sê God: “Jou vrou Sarai sal nie meer so genoem word nie. Van nou af sal haar naam Sara wees.

16. Ek sal haar seën en sy sal vir jou ’n seun in die wêreld bring. Ek sal haar beslis ryklik seën. Sy sal moeder word van baie nasies en uit haar nageslag sal daar konings voortkom.”

17. Toe het Abraham tot op die grond neergebuig en by homself gelag. “Hoe kan ek op 100 jaar pa word?” het hy gewonder. “Daarby is Sara nou 90 jaar. Hoe kan sy geboorte gee?”

18. Abraham sê toe vir God: “Ja, mag Ismael maar net voor U lewe!”

19. Maar God sê vir hom: “Nee, Sara, jou vrou, sal vir jou ’n kind in die wêreld bring. Jy sal hom Isak noem en dis met hóm en sý nageslag dat Ek my blywende verbond sal bevestig.

20. Wat Ismael betref, Ek sal hom ook seën soos jy gevra het. Ek sal hom seën met ’n ryke nageslag wat ’n groot nasie sal word; twaalf heersers sal uit hom voortkom.

21. Maar my verbond is met Isak wat Sara ongeveer hierdie tyd volgende jaar vir jou in die wêreld sal bring.”

22. Dit was die einde van die gesprek en God het van Abraham af weggegaan.

23. Op dieselfde dag nog het Abraham sy seun Ismael geneem, asook elke manlike persoon in sy huishouding, en hulle aan die voorhuid besny, presies soos God beveel het.

24. Abraham was 99 jaar oud toe hy besny is

25. en sy seun Ismael was dertien jaar.

26. Albei is op dieselfde dag besny

27. saam met al die ander mans en seuns in die huishouding, dié wat in die huishouding gebore is en dié wat as slawe gekoop is.