hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aviyah is neergelê by sy vaders en hulle het hom begrawe in die stad van Dawid en sy seun Asa het in sy plek geheers. In sy dae was die land stil vir tien jaar lank.

2. Asa het gedoen wat goed en reg was in die Teenwoordigheid van יהוה, sy God,

3. want hy het die altare van die vreemde gode en die hoogtes verwyder en die beelde stukkend gebreek en die pilare afgekap

4. en vir Y’hudah gesê: “Kom, laat ons bid tot יהוה, die God van ons vaders.”

5. Hy het ook in al die stede van Y’hudah die plekke van aanbidding op die hoë plekke en die afgodsbeelde ontwortel en die koninkryk het gerus onder hom en hy het geen vyande op al sy grense gehad nie.

6. Hy het versterkte stede in Y’hudah gebou, want die land het gerus en daar was niemand wat oorlog teen hom gevoer het in daardie jare nie omdat יהוה hom rus gegee het.

7. Hy het daarom aan Y’hudah gesê: “Kom, laat ons hierdie stede bou en hulle met mure, torings, poorte en grendels omring terwyl die land nog stil is van oorlog, want ons het יהוה, ons God, gesoek en Hy vir ons en Hy het aan ons rus gegee van almal rondom ons, ons vertroos en bevry.

8. Asa het ’n leër gehad van magtige dapper manne wat skild en spies dra: uit Y’hudah, drie honderd duisend man en uit Binyamin, wat die borsplaat dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend.

9. Zerag, die Kushiet, het teen hulle uitgetrek met ’n groot leër van ’n miljoen manne en dertig duisend strydwaens en na Mareshah gekom.

10. Asa het uitgegaan teen hom en hy het teen hom baklei in die vallei van Mareshah.

11. Asa het tot יהוה, sy God, gebid en gesê: “U is ons Meester, יהוה, die Hulp van U volk en as U ’n groot leërmag oorgee in die hand van ’n klein mag, sal die hele wêreld weet dat dit goed is om op U te vertrou. Help ons, יהוה, ons God, want ons het in U Naam (Karakter en Outoriteit) teen hierdie groot leërmag gekom. יהוה, ons God, vertraag nie U mag aan ons nie.”

12. Toe Asa klaar gebid het, het die engel van יהוה die Kushiete voor Asa en Y’hudah vernietig en die Kushiete het gevlug.

13. Asa en die manne wat by hom was, het hulle agtervolg tot by G’rar en van die Kushiete het soveel geval dat hulle nie getel kon word nie, want hulle was verslaan voor יהוה en voor Sy magte. Hulle het ’n baie groot buit gevat en weggedra.

14. Hulle het al die stede rondom G’rar oorweldig, want die vrees vir יהוה het oor hulle gekom en hulle het al die stede geplunder, want daar was baie buit in hulle.Deut 28:1-10

15. Hulle het ook die tente van die Arabiere en skape en kamele in oorvloed weggedra en hulle na Yerushalayim gebring.