hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe maak die inwoners van Yerushalayim vir Agazyah, sy jongste seun, koning in sy plek, want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres doodgemaak, dus het Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, geheers.

2. Agazyah was twee en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het een jaar in Yerushalayim regeer. Sy moeder se naam was `Atalyahu, die dogter van `Omri.

3. Hy het geleef in die lewenswyses van die huis van Ag’av, want hy was die seun van Ag’av se suster.

4. Hy het ook baie sonde gedoen en boos opgetree in die oë van יהוה net soos die huis van Ag’av, want húlle was, ná die dood van sy vader, sy raadgewers, tot sy vernietiging,

5. want hy het volgens hulle raad gehandel en saam met Y’horam, die seun van Ag’av, koning van Yisra’el, opgetrek om oorlog te maak teen Haza’el, koning van Aram, by Ramot-Gil’ad en die Arameërs het Y’horam verslaan.

6. Hy het teruggekom om in Yizre’el te herstel van die wonde wat hy opgedoen het by Ramah in die oorlog teen Haza’el, koning van Aram. Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, het afgekom om Y’horam, die seun van Ag’av, in Yizre’el te besoek, want hy was siek.

7. Die vernietiging van Agazyah is deur God bepaal, wat voorgeskryf het dat hy na Y’horam toe moes kom; daar aangekom, het hy saam met Y’horam uitgegaan om vir Yehu, die seun van Nimshi, te ontmoet, wat deur יהוה gesalf is om die huis van Ag’av uit te roei.

8. Toe Yehu die oordeel uitgevoer het op die huis van Ag’av, het hy die prinse van Y’hudah en die seuns van die broers van Agazyah, wat Agazyah bedien het, gevind en hulle doodgemaak.

9. Hy het vir Agazyah gesoek en hulle het hom gevang waar hy in Shomron wegkruip en hom na Yehu gebring. Nadat hulle hom doodgemaak het, het hulle hom begrawe, want hulle het gesê: “Hy is die seun van Y’hoshafat, wat יהוה met sy hele verstand, wil en emosie gesoek het.” Die huis van Agazyah het niemand gehad met outoriteit om oor die koninkryk te heers nie.

10. Toe `Atalyah, die moeder van Agazyah, sien dat haar seun dood was, het sy opgestaan en al die seuns van die koning van die huis van Y’hudah doodgemaak.

11. Y’hosh’va, die dogter van die koning, het egter vir Yo’ash, die seun van Agazyah, gesteel vanuit die koning se seuns wat op die punt was om doodgemaak te word en hom en sy versorger in haar kamer gebring. Y’hosh’va, die dogter van koning Y’horam, die vrou van Y’hoyadah, die priester, dus was sy die suster van Agazyah, het hom vir `Atalyah weggesteek sodat sy hom nie doodgemaak het nie.

12. Hy was by haar weggesteek in die huis van God vir ses jaar terwyl `Atalyah oor die land regeer het.