hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die volk van die land vir Y’ho’agaz, die seun van Yoshiyahu, gevat en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Yerushalayim.

2. Y’ho’agaz was drie en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het drie maande lank in Yerushalayim regeer.

3. Die koning van Mitzrayim het hom onttroon2 Kon 23:34-24:6

4. en sy broer, Elyakim, koning gemaak oor Y’hudah en Yerushalayim en sy naam verander na Y’hoyakim. N’kho het sy broer, Y’ho’agaz, saamgevat en hom na Mitzrayim gebring en hy het daar gesterf.

5. Y’hoyakim was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het elf jaar lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה, sy God.

6. N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het teen hom opgetrek en hom met kettings geboei om hom na Bavel te vat.

7. N’vukhadnetzar het ook van die voorwerpe van die huis van יהוה na Bavel gevat en dit in sy tempel in Bavel gesit.

8. Die res van die dade van Y’hoyakim en die verwerplikhede wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah en Y’hoyakhin, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 24:8-15; 2 Kon 25:27-30; Yir 52:31-34

9. Y’hoyakhin was agttien jaar oud toe hy begin heers het en hy het drie maande en tien dae lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה.

10. Aan die einde van die jaar het koning N’vukhadnetzar ’n mag teen hom gestuur en hom na Bavel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van יהוה en sy vader se broer, Tzidkiyahu, koning oor Y’hudah en Yerushalayim gemaak.2 Kon 24:17-25:7; Yir 52:1-11

11. Tzidkiyahu was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar lank in Yerushalayim regeer.Yir 21:1-;Yir 24:8-; Yir 27

12. Hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה, sy God en hy het hom nie verneder voor Yirmeyahu, die profeet, wat geprofeteer het uit die mond van יהוה nie.Yeg 17:15-20

13. Hy het ook gerebelleer teen koning N’vukhadnetzar wat hom by die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה laat sweer het, maar hy was hardnekkig en het sy verstand, wil en emosie verhard en wou nie bid tot יהוה, die God van Yisra’el, nie.

14. Verder het ook al die leiers van die priesters en van die Leviete en van die volk baie oortree, volgens al die verwerplikhede van die nasies en die huis van יהוה wat Hy in Yerushalayim afgesonder het, onteer.

15. יהוה, die God van hulle vaders, het na hulle gestuur deur Sy boodskappers en goeie raad vooraf gegee, want Hy het liefdevolle omgee vir Sy volk en die trop wat Hy gekies het,Mat 21:33-41

16. maar hulle het die boodskappers van יהוה uitgelag en hulle woorde verag en met sy profete gespot totdat die toorn van יהוה teen Sy volk opgekom het totdat daar geen salf meer aan te smeer was nie;Yir 34:2; Yir 38:3; Yeg 24 wat hulle jongmanne met die swaard in die Afgesonderde Huis gedood en geen medelye met jongman of jongmeisie, ouman of babas gehad het nie. Hy het alles in sy hand gegee.

17. daarom het Hy die koning van die Kasdeërs teen hulle laat optrek,

18. Hy het al die voorwerpe van die huis van יהוה, groot en klein en die skatte van die huis van יהוה en die skatte van die koning en van sy prinse, na Bavel gebring.Yir 52

19. Hy het die huis van יהוה afgebrand en die mure van Yerushalayim afgebreek en al die paleise met vuur verbrand en al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig.Yir 50:41-46; Dan 5

20. Hulle wat van die swaard ontsnap het, het hy na Bavel in ballingskap weggevoer, waar hulle vir hom en sy seuns slawe geword het totdat יהוה die koninkryk aan Persië oorgegee het,Lev 25:4

21. om die woord van יהוה deur die mond van Yirmeyahu te vervul totdat die land sy Shabbatte geniet het, al die dae wat dit verlate gelê het totdat die sewentig jaar voltooi is.Yir 29:10

22. In die eerste jaar van Koresh, koning van Persië sodat die woord van יהוה deur die mond van Yirmeyahu vervul sou word, het יהוה die gees van Koresh, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n verklaring deur sy hele koninkryk gemaak het en dit ook op skrif gesit het, wat sê:`Ez 1:1-2

23. “So sê Koresh, koning van Persië: יהוה, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee en Hy het beveel om vir Hom ’n huis te bou in Yerushalayim wat in Y’hudah is. Wie is daar onder julle van Sy volk met wie יהוה, sy God, tevrede is, laat hom na my toe kom en optrek!”Yir 29:10 vervul sou word dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk gemaak en dit ook op skrif gestel het, deur te sê: