hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yotam was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Yerushah, die dogter van Tzadok.

2. Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, `Uziyahu, gedoen het. Nogtans het hy nagelaat om in die tempel van יהוה in te gaan en die volk was steeds korrup.

3. Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou en die muur voltooi en verbeter.

4. Verder het hy stede gebou in die land van Y’hudah en in die woude het hy kastele en torings gebou.

5. Hy het ook teen die `Ammoniete geveg en hulle oorwin. Die seuns van `Ammon het aan hom in dié jaar ’n honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee. Die `Ammoniete het ook vir hom dieselfde in die tweede en derde jaar gegee.

6. Yotam het magtig geword, want hy het sy lewenswyse voor die Teenwoordigheid van יהוה, sy God, gevestig.

7. Die res van die dade van Yotam, al sy oorloë en sy lewenswyse, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah.’

8. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer.

9. Yotam is neergelê by sy vaders en hy is begrawe in die stad van Dawid. Agaz, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 16:1-20