hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verder het hy ’n altaar van koper gemaak; twintig el was sy lengte, twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.

2. Hy het ook ’n gegote see gemaak; van rand tot rand was dit tien el, rond in vorm en die hoogte daarvan was vyf el en sy omtrek dertig el.

3. Dit het gestaan op twaalf beeste: drie wat kyk na die noorde, drie wat kyk na die suide, drie wat kyk na die weste en drie wat kyk na die ooste toe en die see was bo-op hulle en al hulle agterstewes was binnekant toe.

4. Die dikte daarvan was ’n handbreedte en sy rand was rond soos die rand van ’n beker, baie mooi.

5. Hy het tien pale gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit om die altaar vir die brandoffer mee te dra.

6. Hy het tien waskomme gemaak van koper en vyf regs en vyf links gesit vir die priesters om hulle hande en voete in te was.

7. Hy het tien goue kandelare gemaak, volgens die voorskrif daarvan en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.

8. Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant en hy het ’n honderd goue komme gemaak.

9. Hy het ook ’n groot ruimte gemaak vir die priesters en die Leviete en die deure en die balke met koper oorgetrek.

10. Hy het die see aan die regterkant van die noordelike end gesit, teenoor die suide.

11. Hiram het die potte, die grawe en die komme gemaak en Hiram het die werk voltooi wat hy vir koning Shlomo in die huis van God gedoen het:

12. twee pilare met die knoppe en die pilaarkoppe bo-op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die pilaarkoppe, wat op die top van die pilare was, te bedek

13. en die vier honderd granate op die twee stukke vlegwerk, twee rye granate vir elke vlegwerk om die twee bolle van die pilaarkoppe bo-op die pilare te oordek.

14. Hy het ook basisse gemaak met komme op die basisse;

15. een see en die twaalf beeste daaronder;

16. die potte, die grawe en die vleishake en al hulle gereedskap het Hiram van gepoleerde koper vir koning Shlomo gemaak, vir die huis van יהוה.

17. In die Yardenvlakte, in die kleigrond tussen Sukkot en Tz’redah, het die koning dit gegiet.

18. Shlomo het al hierdie voorwerpe in oorvloed gemaak, want die gewig van hierdie koper houers wat Shlomo gemaak het, was onberekenbaar.

19. Shlomo het al die voorwerpe vir die huis van God van suiwer goud gemaak, asook die goue altaar en die tafels waarop die brode van die Teenwoordigheid neergesit is

20. en die kandelare met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand

21. en die blomwerk, die lampe en die tange het hy van goud gemaak; van die suiwerste goud

22. en die snuiters, komme, lepels en vuurpanne van suiwer goud. Wat die ingang van die huis betref, die binnedeure na die Mees Afgesonderde plek en die deure van die vertrek van die tempel was van goud.