hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die hele volk van Y’hudah vir `Uziyahu, sy seun gevat, wat toe sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyahu.

2. Hy het Eilat opgebou en aan Y’hudah terugbesorg nadat die koning by sy vaders neergelê is.

3. `Uziyahu was sestien jaar oud toe hy begin heers het en hy het twee en vyftig jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Y’kholyahu, van Yerushalayim.

4. Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, Dawid, gedoen het.

5. Hy het tot God gebid in die dae van Z’kharyah, wat hom onderrig gegee het in die aanbidding van יהוה en יהוה het al sy dade voorspoedig gemaak.

6. Hy het gegaan en teen die F’lishtyne oorlog gemaak en die muur van Gat, die muur van Yavneh en die muur van Ashdod afgebreek.

7. God het hom gehelp teen die F’lishtyne, teen die Arabiere wat in Gur-Ba’al gewoon het en teen die Me’uniete.

8. Sy roem het uitgebrei tot by die land van Mitzrayim, want hy het aangehou veg.

9. Verder het `Uziyahu torings gebou in Yerushalayim by die Hoekpoort en by die Westelike poort en hulle met ysters versterk.

10. Hy het ook baie torings in die stede wat hy gehad het, gebou en baie kastele, want hy het baie rykdom gehad en plaasboere en werkers beide in die vlaktes en op die berge, want hy het baie beeste gehad.

11. Verder het `Uziyahu ’n leër gehad van magtige manne wat uitgegaan het in oorlog. Hulle was twee en dertig duisend ses honderd.

12. Die ander wat in die platteland gebly het, was drie honderd duisend en die manne wat swaarde gedra het was sewe duisend vyf honderd.

13. Hulle het elke dag opgestaan om oor die koning wag te hou.

14. `Uziyahu het vir hulle, regdeur die hele leërmag, skilde, spiese, helms, borsplate, boë en slingers, om stene te gooi, voorberei.

15. Sy roem het versprei na al die lande totdat hy baie ryk geword het,Deut 17:18-20 en hy het oortree teen יהוה, sy God en in die tempel van יהוה ingegaan en wierook op die wierookaltaar gebrand.

16. maar toe hy baie ryk geword het, het sy hoogmoedigheid meer geword

17. Die priester, `Azaryahu het agter hom ingegaan en vir hom gesê:

18. “Dit is nie u plek, o koning en u het ook nie die reg, om wierook op die altaar te brand nie.

19. Onmiddelik het `Uziyahu se woede teen die priesters ontvlam en het hy beveel om hulle uit die Afgesonderde Plek te verwyder. Op daardie oomblik het die melaatsheid vanuit die Afgesonderde Plek gegaan en op die voorkop van koning `Uziyahu geval soos hy ingaan om wierook in die huis van יהוה te brand.

20. `Azaryahu, die hoofpriester en al die priesters het na hom gedraai en let op, hy het gehaas om uit te gaan, want hy het geweet dat יהוה hom geslaan het.

21. Koning `Uziyahu was melaats tot die dag van sy dood toe en het in ’n huis in afsondering gebly as melaatse, want hy het gelaster teen die huis van יהוה en sy seun, Yotam, was oor die paleis van die koning en het die volk van die land regeer.

22. Die res van die dade van `Uziyahu, die vroeëre en die latere, let op, hulle is geskryf deur Yesha’yahu, die profeet, die seun van Amotz.

23. `Uziyahu is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die begraafplaas begrawe, nie op die plek wat aan die konings behoort nie, want hulle het gesê: “Hy is melaats.” Yotam, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 15:32-38